ADVERTISEMENT:

 

 
 

Kom ondersteun rugbymanne in laaste uitdunwedstryd

Date: 07 July 2017 By: Andries van Zyl

Rugbyliefhebbers word weereens uitgenooi om eerskomende Saterdag, 8 Julie, Louis Trichardt se rugbymanne te kom ondersteun in hul laaste uitdunwedstryd in die provinsiale Boet Fick-liga.

Die Louis Trichardt Rugbyklub se eerste- en tweedespan sal eerskomende naweek weer op hul tuisveld kragte meet, die keer teen die gedugte Noordelikes Rugbyklub van Polokwane.

Die afgelope naweek het beide Louis Trichardt se spanne hul wedstryde teen Letaba gewen en daardeur reeds deurgedring na die semi-finale rondte van die liga. Die feit dat hulle reeds deurgedring het beteken egter nie dat die spelers hul kragmeting die naweek ligtelik opneem nie.

“Ons wil graag hê die mense moet ons kom ondersteun,” het Louis Trichardt se klubvoorsitter, Kevin Gilbert, gesê.

Eerskomende Saterdag se wedstryde skop om 15:00 af wanneer die twee klubs se tweedespanne mekaar die stryd aansê. Die hoofwedstryd van die dag begin om 17:00 met die twee eerstespanne wat sal uitdraf.

“Kom kuier lekker saam met ons. Daar is ‘n kontantkroeg beskikbaar en u is selfs welkom om langs die veld ‘n vleisie te kom braai,” het Gilbert uitgenooi.

Toegang beloop R20 per voertuig, ongeag hoeveel mense in die voertuig is. Vir meer inligting, skakel Gilbert by tel. 082 892 8769.

 
 
 

Viewed: 465

 

 
 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT