ADVERTISEMENT:

 

 
 

Groot rugby eerskomende Saterdag

Date: 29 June 2017 By: Andries van Zyl

Groot rugby is eerskomende naweek op die spyskaart by die Louis Trichardt Rugbyklub.

Die klub sal Saterdag, 1 Julie, te staan kom teen Letaba in hul voorlaaste wedstryd van die uitdunrondtes in die jaarlikse Boet Fick-liga. Volgende Saterdag, 8 Julie, se laaste uitdunwedstryd sal ook op Louis Trichardt se tuisveld beslis word, wanneer die klub te staan kom teen Noordelikes van Polokwane. “Ons wil graag hê die mense moet ons kom ondersteun. Ons hoef slegs een van die oorblywende twee wedstryde te wen om deur te gaan na die semi-finale rondte van die liga,” het Louis Trichardt se klubvoorsitter, Kevin Gilbert, gesê.

Eerskomende Saterdag se wedstryde skop om 15:00 af wanneer die twee dorpe se tweedespanne mekaar die stryd aansê. Die hoofwedstryd van die dag begin om 17:00 met die twee eerstespanne wat sal uitdraf.

“Kom kuier lekker saam met ons. Daar is ‘n kontantkroeg beskikbaar en u is selfs welkom om langs die veld ‘n vleisie te kom braai,” het Gilbert uitgenooi.

Toegang beloop R20 per persoon, ongeag hoeveel mense in die voertuig is. Vir meer inligting, skakel Gilbert by tel. 082 892 8769.   

 
 
 

Viewed: 465

 

 
 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT