ADVERTISEMENT:

 

 
 

Michelle Maynier van Louis Trichardt het die naweek gekwalifiseer om Suid-Afrika te verteenwoordig in die internasionale liggaamsbou- en fiksheidskompetisie van die Wêreld Fiksheidsfederasie. Michelle se fiksheid is te danke aan ure se voorbereiding en sweet by die Infinity Gym op Louis Trichardt. Foto verskaf.

Michelle kry kans om SA in Rio te verteenwoordig

Date: 20 May 2017 By: Isabel Venter

Plaaslike fiksheidsentoesias Michelle Maynier kan dalk binnekort vir Louis Trichardt oorsee gaan verteenwoordig.

Sy het die afgelope naweek ‘n eerste plek behaal in die 30+ afdeling vir sportmodelle tydens die Suid-Afrikaanse Nasionale Liggaamsbou Assosiasie en Wêreld Fiksheid Federasie (WFF) se kwalifiserende kompetisie in Pretoria. Terselfdertyd het Michelle ook sommer ‘n persoonlike mylpaal behaal toe sy tydens die kompetisie haar nasionale liggaamsboulisensie in die professionele divisie ontvang het.

Haar eerste plek het haar ook ‘n plek besorg in die span wat die land sal verteenwoordig tydens die WFF se internasionale kompetisie wat op 24 Junie in Rio, Brasilië, beslis sal word.

Die federasie betaal ongelukkig net die inskrywingsfooie. Vliegtuigkaartjies en verblyfkostes is vir die rekening van elke individuele deelnemer en Michelle moet ongeveer R50 000 insamel om haar in staat te stel om die toer te kan meemaak.

Inwoners wat graag ‘n bydrae wil maak om Michelle te help om in Rio te gaan deelneem, kan haar persoonlik skakel. “Indien iemand my kan help om hierdie droom van my te bewaarheid, al is dit hoe ‘n klein donasie, sal ek verskriklik dankbaar wees en bitter hard werk om Suid-Afrika en ons gemeenskap trots te maak,” het Michelle gesê. Sy kan gekontak word by tel. 083 505 5424 vir meer inligting.

 

 
 
 

Viewed: 2250

 

 
 

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

 
 

More photos... 

Michelle Maynier raap die eerste plek op in die Wêreld Fiksheidsfederasie (WFF) se afdeling vir sport- en fiksheidsmodelle in die ouderdomskategorie 30 jaar en ouer. Foto verskaf.

Michelle Maynier van Louis Trichardt het die naweek gekwalifiseer om Suid-Afrika te verteenwoordig in die internasionale liggaamsbou- en fiksheidskompetisie van die Wêreld Fiksheidsfederasie. Michelle se fiksheid is te danke aan ure se voorbereiding en sweet by die Infinity Gym op Louis Trichardt van Frikkie van Niekerk (links). Foto verskaf.

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT