ADVERTISEMENT:

 

 
 

Die Elite-mansafdeling van die eerste rondte van die Limpopo XCO-liga is gewen deur Hoërskool Louis Trichardt se Marno van Zyl. Hy het sy vyf rondtes voltooi in ‘n goeie tyd van 01:08:36. Foto: Facebook Limpopo School Cycling - MTB.

Waterberg laat fietsryers sweet

Date: 05 May 2017 By: Andries van Zyl

Elf van Louis Trichardt se jong bergfietsryers het die afgelope naweek kragte gemeet in die eerste rondte van die provinsiale XCO-liga in die Waterberg.

Die groep jongelinge het gedetermineerd die lang pad na Vaalwater aangepak en hulle goed van hul taak gekwyt.

Die Elite-mansafdeling is gewen deur Hoërskool Louis Trichardt se Marno van Zyl. Hy het sy vyf rondtes in ‘n goeie tyd van 01:08:36 voltooi, bietjie meer as twee minute vinniger as Stanford Lake College se fietsryafrigter Tiaan Fullard.

Nog ‘n Triegie, Richard Lambert, het op sy beurt gesorg vir ‘n wen in die junior-seunsafdeling, nadat hy sy vyf rondtes voltooi het in ‘n tyd van 01:06:00. In die derde plek was Martin Matenzhe van Makhado Comprehensive, wat sy vyf rondtes voltooi het in ‘n tyd van 01:24:06. Triegie Heine de Jager het in die algehele vierde plek klaargemaak met vier rondtes agter sy naam.

Die grootste groep Triegies het egter aan die Youth-afdeling vir seuns en meisies deelgeneem. Onder die seuns was dit De Wet du Toit wat uitgestaan het deur algeheel vierde te eindig. Hy het sy vier rondtes in 01:01:24.1 voltooi. ‘n Breukdeel van ‘n sekonde later het skoolmaat Rohan Cronjé in ‘n tyd van 01:01:24.7 geëindig. Vir tweelingboeties Loffie en Barrie van Rooyen was dit hulle eerste groot trap. Hulle het onderskeidelik agtste en 11de geëindig, met drie rondtes agter hulle naam.

In die Youth-meisiesafdeling was dit Triegies se Christelle Coetzer wat die wedren in die tweede plek voltooi het in ‘n tyd van 00:44:08 oor drie rondtes. Leandrie de Jager van Triegies was algeheel vyfde met twee rondtes agter haar naam.

Nog ‘n plaaslike fietsryer, tans 'n leerling by PHS, Simoné Oberholser, het ook goed getrap en  ‘n algehele derde plek in die sub-junior meisiesafdeling ingepalm vir haar drie rondtes in ‘n tyd van 01:00:49.

Daar is min ruskans vir plaaslike bergfietsryers, met ‘n besige fietsrykalender wat vir hulle voorlê. Eerskomende naweek vind die Debtsafe-bergfietsuitdaag buite Mokopane plaas. Die naweek daarop (13 Mei) bied die MOTHs van Louis Trichardt hul jaarlikse Turbi Hills Bergfietswedren aan. Die tweede rondte van die provinsiale XCO-bergfietsliga word op 20 Mei buite Tzaneen beslis. Kort daarna begin die jaarlikse skoleliga ter voorbereiding van die finaal van die jaarlikse Spur XCO-skoleliga by Hoërskool Bekker.

 

 
 
 

Viewed: 487

 

 
 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 
 

More photos... 

Nog ‘n Triegie, Richard Lambert, het op sy beurt vir ‘n wen in die junior-seunsafdeling in die eerste rondte van die Limpopo XCO-liga gesorg, nadat hy sy vyf rondtes voltooi het in ‘n tyd van 01:06:00. Foto: Facebook Limpopo School Cycling - MTB.

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT