ADVERTISEMENT:

 

 
 

Richard Lambert, wat 'n eerste plek losgespring het in die hoogspring, in aksie.

Triegies ryg talle eerste plekke in op atletiekbaan

Date: 27 January 2017 By: Isabel Venter

Hoërskool Louis Trichardt het gewys wat steek in hulle tydens ‘n vriendskaplike atletiekbyeenkoms die afgelope naweek.

Die skool se atlete het geskitter, met party wat meer as een keer op die rostrum moes staan vir ‘n goue medalje. Tebogo Masekela is ook aangewys, vanuit al die deelnemende skole, as die beste junior veldatleet. Ander skole wat deelgeneem het die dag was Falcon Girls' College van Zimbabwe, Hoërskool Merensky van Tzaneen, Hoërskool Eric Louw van Musina en Ridgeway College van Louis Trichardt.

Die top atlete van die dag, wat meer as twee eerste plekke verower het, was Tebogo Masekela (300mH, verspring, 100m, 200m, 90mH, hoogspring en driesprong), Richard Lambert (verspring, spiesgooi, gewigstoot, hoogspring en driesprong), Dewald van Graan (100m, diskus, gewigstoot en hoogspring), Jennavieve Truter (400m, 800m en 1 500m) en Christelle Coetzer (800m, 1 500m en 3 000m).

Ander atlete wat twee eerste plekke ingepalm het, was Michaela Gilfillan (diskus en spiesgooi), Mudodzwa Luvha (100mH en 300mH), La’Care Madzhie (hoog- en verspring), Rickus Nel (diskus en gewigstoot) en Ali Sefole (diskus en gewigstoot).

Atlete wat almal ‘n eerste plek behaal het, was Ziamay Malan (gewigstoot), Dembe Ramuhuyu (diskus), Begwa Masindi (hoogspring), Midana Mutshinya (driesprong), Iné du Plessis (driesprong), Emené Jordaan (400m), Mari Naudé (400mH), FC Phillipson (gewigstoot), Eugene van den Heever (200m), Johannes Joubert (110mH), Jay-Houghan Ramango (hoogspring), Lukie Enslin (diskus), Ntsako Mageza (400m) en Theo Magwira (800m).

 
 
 

Viewed: 1044

 

 
 

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

 
 

More photos... 

Mudodzwa Luvha op pad na 'n eerste plek in die 100mH tydens die afgelope naweek se atletiekbyeenkoms by Hoërskool Louis Trichardt. 

Johannes Joubert was nog 'n Triegie wat uitgeblink het en 'n eerste plek behaal het in die 110mH. 

Philip Apea-Adu gee 'n reusesprong deur die lug tydens die driesprong. 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT