ADVERTISEMENT:

 

 
 

Triegies-matrieks ryg onderskeidings in

Date: 15 January 2015 By: Isabel Venter

Ná aanleiding van verlede week se bekendmaking van Hoërskool Louis Trichardt se toppresteerders het die skool hierdie week hul volledige uitslae vir die 2014 matriekeksamen vrygestel.

Triegies het algeheel, van alle skole in Limpopo, ‘n 12de plek behaal met hul slaagsyfer van 97.1%. Verder het Triegies se matrieks van 2014 ook die tweede meeste onderskeidings in wiskunde, fisiese wetenskap en lewenswetenskappe van alle voormalige model C-skole in die provinsie behaal. Die skool spog ook met die beste slaagsyfer vir besigheidstudies van voormalige model C-skole.

Vakke waarin daar ‘n 100% slaagsyfer was, is Afrikaans huistaal, Afrikaanse eerste addisionele taal, Engels eerste addisionele taal, Venda huistaal, wiskunde geletterdheid, lewenswetenskap, inligtingstegnologie, rekeningkunde, ekonomie, lewensoriëntering, toerisme en gasvryheidstudies.

In totaal spog die skool met 165 A-simbole, 238 B-simbole en 97 leerlinge wat matriek met universiteitstoelating geslaag het.

Die volgende leerlinge behaal almal vyf onderskeidings: Maryke Aucamp (Afrikaans huistaal, Engels eerste addisionele taal, lewensoriëntering, lewenswetenskap en rekeningkunde), Donovan Kirsten (Engels eerste addisionele taal, wiskunde, lewensoriëntering, lewenswetenskap en inligtingstegnologie), Elouise Spies (Afrikaans huistaal, Engels eerste addisionele taal, lewensoriëntering, lewenswetenskap en besigheidstudies), Lucinda Strydom (Engels eerste addisionele taal, wiskunde, lewensoriëntering, rekeningkunde en besigheidstudies), Hennie Venter (Afrikaans huistaal, Engels eerste addisionele taal , lewensoriëntering, wiskundige geletterdheid en gasvryheidstudies), Liesbet Voigt (Afrikaans huistaal, Engels eerste addisionele taal , lewensoriëntering, besigheidstudies en gasvryheidstudies), Tanganedzani Magodi (wiskunde, lewensoriëntering, lewenswetenskappe, rekeningkunde en besigheidstudies) en Ignatius Nkuna (Afrikaans eerste addisionele taal , wiskunde, lewensoriëntering, fisiese wetenskappe en lewenswetenskappe).

Leerlinge wat almal vier onderskeidings behaal het, was Daniel Coetzee, Jaco Linde, Ndugiselo Maphagela, Masoni Mathiba, Vhuhwavhohawe Ranenyeni en Sinthivele Sinthumule.

 

 
 
 

Viewed: 977

 

 
 

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT