ADVERTISEMENT:

 

 
 

Laerskool Messina het tydens hul jaarlikse prysuitdeling op 12 November hul beste rugby- en netbalspelers aangewys. Van links na regs is Elne Lyons (beste netbalspeler), Joshine Shaba (beste vordering in netbal), Willem Roos (beste rugbyspeler) en Barend Botha (meriete trofee in rugby). Foto’s verskaf.

Prysuitdelingfunksies 2012 *Opgedateer*

Date: 23 November 2012 By: Linda van der Westhuizen

 
 
 

Viewed: 3605

 

 
 

Linda van der Westhuizen

Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

 
 

More photos... 

Drie leerlinge in die CVO Skool Zoutpansberg het akademiese erekleure ontvang tydens die skool se prysuitdeling op 19 Oktober. Hulle is, van links na regs, Gray Badenhorst (Graad 6), Melissa Stemmet (Graad 9) en Hendrik Badenhorst (Graad 7). Die CVO Skool Zoutpansberg het hul top kultuurtoekennings gemaak tydens die skool se prysuitdelingsfunksie op 19 Oktober. Van links na regs is Ruda Schoeman (laerskool top kultuurpresteerder), Melissa Stemmet (hoërskool top kultuurpresteerder) en Jonél Wepener (beste kultuurleerling in die junior primêre fase). Verskeie sporttoekennings, asook ‘n toekenning vir skaak, is gemaak tydens die CVO Skool Zoutpansberg buite Makhado (Louis Trichardt) se prysuitdeling op 19 Oktober. Voor, van links na regs, is Anika Badenshorst (beste landloopatleet), Rynard Pretorius (skaakspeler van die jaar), TJ van Eeden (krieketspeler van die jaar), Delicia du Plessis, (beste meisieshokkiespeler) en Janco Marais (beste seunshokkiespeler). Agter is Jani Badenhorst (beste meisiesatleet en deel beste landloopatleet), Dihan Pretorius (beste seunsatleet), Ruann Booysen (beste hoërskool rugbyspeler), Erwee Robbertze (beste laerskool rugbyspeler) en Imge du Toit (beste laerskool netbalspeler). Inlas: Charet Schlesinger (beste hoërskool netbalspeler). Verskeie top sporttrofeë is toegeken tydens die CVO Skool Zoutpansberg buite Makhado (Louis Trichardt) se prysuitdelingsgeleentheid op 19 Oktober. Van links na regs is Jani Badenhorst (junior sportmeisie van die jaar), Ruann Booysen (senior sportseun van die jaar) en Erwee Robbertze en André Breytenbach, wat die trofee vir junior sportseun van die jaar deel. Inlas: Charet Schlesinger (senior sportmeisie van die jaar). Die akademiese grade- en fasewenners van Hoërskool Louis Trichardt is tydens die skool se jaarlikse prysuitdeling op 16 Oktober aangewys. Van links na regs is Bianca Spies (Graad 8), Daphné Eybers en Daniel Minnie (inlas) wat die Graad 9-beker en die Junior Fase-trofee deel, Madzie Nembahe (Graad 10), Sipho Mbadaliga (Graad 11) en Andani Mutshinya, wat die Graad 12-beker, sowel as die Senior Fase-trofee ontvang. Susan Wilson ontvang vanjaar die Finesse-trofee tydens Hoërskool Louis Trichardt se jaarlikse prysuitdeling op 16 Oktober. Quintin Moodie, Hoërskool Louis Trichardt se hoofseun van 2011/12, ontvang die leierskaptrofee tydens die skool se jaarlikse prysuitdelingsfunksie op 16 Oktober. Tydens Hoërskool Louis Trichardt se jaarlikse prysuitdeling op 16 Oktober is Kofi Apea-Adu (regs) en Jessica McMurtrie (links) onderskeidelik aangewys as sportseun- en sportmeisie van die jaar. Jani Badenhorst het op 19 Oktober weggestap met die CVO Skool Zoutpansberg se trofee vir Zoutie-van-die-Jaar in die laerskool-afdeling. Larissa Venter, Hoërskool Louis Trichardt se hoofmeisie van 2011/12, ontvang die gesogte Triegie-van-die Jaar-trofee tydens die skool se jaarlikse prysuitdeling op 16 Oktober. Larissa stap ook weg met die skool se kultuurtrofee vir haar vele prestasies op kultuurgebied. Melissa Stemmet verower die gesogte trofee as Zoutie-van-die-Jaar vir die CVO Skool Zoutpansberg buite Makhado (Louis Trichardt) se hoërskool-afdeling. Die skool se prysuitdelingsfunksie het op 19 Oktober plaasgevind. Iné du Plessis is aangewys as Laerskool Louis Trichardt se staatmaker van die jaar tydens die skool se senior-fase prysuitdeling op 23 Oktober. Hokkietrofeë is toegeken tydens Laerskool Louis Trichardt se senior-fase prysuitdeling op 23 Oktober. Voor, van links na regs, is Chantal Scott (beste hokkiespeler: eerstespan meisies) en André Viljoen (beste hokkiespeler: eerstespan seuns). Agter is Richard Lambert (beste opkomende hokkiespeler: eerstespan), Tiaan König (beste vordering: eerstespan seuns) en Karla Maré (beste vordering: eerstespan meisies). Krieketspelers van Laerskool Louis Trichardt ontvang trofeë tydens die skool se senior-fase prysuitdeling op 23 Oktober. Voor, van links na regs, is DJ du Preez (krieketspeler van die jaar), Richard Lambert (bouler van die jaar), Dewald Stroebel (kolwer van die jaar), Allie Sefole (beste veldwerker) en Christiaan Waldeck (beste krieketspeler: tweedespan). Agter is Rickus Nel (beste O/11-krieketspeler), LJ Fick (beste O/10-krieketspeler), David Stolz (beste vordering: eerstespan), Vele Mulaudzi (beste vordering: tweedespan), Gerhard Grobler (beste vordering: O/11) en Franco Knoetze (beste vordering: O/10). Tydens Laerskool Louis Trichardt se senior-fase prysuitdeling op 23 Oktober is verskeie kultuurtrofeë toegeken. Voor, van links na regs, is Bernice Meiring (toppresteerder in kultuur en senior kultuurmeisie van die jaar), Dewald Stroebel, (senior kultuurseun van die jaar en redenaar van die jaar), Douglas Archer (beste senior redenaar: Afrikaans eerste addisionele taal), André Viljoen (beste senior redenaar: Graad 6 en 7 Afrikaans huistaal) en Alida du Preez (beste senior redenaar: Graad 4 en 5 Afrikaans huistaal). Agter is Devan le Roux (mees entoesiastiese senior revue seun van die jaar), Wanga Ramuhuyu (mees entoesiastiese senior revue meisie van die jaar), Anthony Archer (mees entoesiastiese junior revue seun van die jaar) en Kayla Gaigher, wat die herwinningstrofee namens die Graad 4’s vertoon. Netbalspelers van Laerskool Louis Trichardt ontvang trofeë tydens die skool se senior-fase prysuitdeling op 23 Oktober. Voor, van links na regs, is Iné du Plessis (trofee vir uitstaande prestasie: senior dogter en beste O/13A-netbalspeler), Tshotshi Munonde (beste O/13B-netbalspeler), Karla Maré (beste O/12A-netbalspeler), Hile-Marie Roelofse (beste O/12B-netbalspeler) en Uanea Kanale (beste O/11A-netbalspeler). Agter is Liané Pretorius (beste O/11B-netbalspeler), Ziamay Malan (beste O/10A-netbalspeler), Leandrie de Jager (beste O/10B-netbalspeler), Modjadji Sefole (beste O/9A-netbalspeler), Nkateko Mawila (beste vordering in netbal: senior) en Tebogo Masekela (beste vordering in netbal: junior). Rugbytrofeë is toegeken tydens Laerskool Louis Trichardt se senior-fase prysuitdeling op 23 Oktober. Voor, van links na regs, is Allie Sefole (rugbyspeler van die jaar), TG Fourie (beste rugbyspeler: eerstespan), David Stolz (beste rugbyspeler: tweedespan), Onndwela Simerone (beste rugbyspeler: derdespan) en Theo le Roux (beste O/11-rugbyspeler). Agter is Franco Knoetze (beste O/10-rugbyspeler), Chris van Wyk (beste vordering: eerstespan), Mashikwane Mogodi (beste vordering: tweedespan), Ele Makwarela (beste vordering: O/11’s) en Tiaan Grobler (beste vordering:O/10’s). Tydens Laerskool Louis Trichardt se senior-fase prysuitdeling op 23 Oktober ontvang Dewald Stroebel (links) die trofee vir die beste O/13-skaakspeler, asook die trofee vir uitsonderlike prestasie in skaak. Saam met hom is Tondi Sakiki, wat die trofee vir die beste O/11-skaakspeler ontvang. Sokkertrofeë is oorhandig tydens Laerskool Louis Trichardt se senior-fase prysuitdeling op 23 Oktober. Van links na regs is Lorraine Mandobe, beste meisiesokkerspeler, Justice Chirandu, beste sokkerspeler in die A-span, en Christiaan Waldeck, beste sokkerspeler in die B-span. Laerskool Louis Trichardt se sportseun en –meisie van die jaar is Dewald Stroebel (links) en Alida du Preez. Hulle het die trofeë ontvang tydens die skool se senior-fase prysuitdeling op 23 Oktober. Tennisspelers van Laerskool Louis Trichardt ontvang trofeë tydens die skool se senior-fase prysuitdeling op 23 Oktober. Voor, van links na regs, is Dewald Stroebel (beste senior tennisspeler: seuns) en Minelise Reynders (beste senior tennisspeler: meisies). Agter is Marcelle Oberholzer (beste beginner-tennisspeler: meisies), Stefan Corbett (beste beginner-tennisspeler: seuns), Alida du Preez (beste vordering in tennis: meisies) en LJ Fick (beste vordering in tennis: seuns). Allie Sefole of Louis Trichardt Primary School received the award for the best volleyball player during the school’s senior-phase prize-giving function on 23 October. He also holds the trophy on behalf of the team, who are the volleyball league champions of 2012. Dié drie leerlinge van die CVO Vivo word aangewys as die top presteerders in Bybelkennis tydens die skool se onlangse prysuitdeling, nadat hulle as algehele wenners in ‘n landswye Bybelkenniskompetisie uit die stryd tree. Van links na regs is Christiaan Knox, Michaela Becker en Frikkie van Heerden. Foto verskaf. Christiaan Knox stap ook weg met twee trofeë tydens die CVO Vivo se jaarlikse prysuitdeling op 26 Oktober. Nie net ontvang hy die trofee as hoërskool sportseun van die jaar nie, maar ook die trofee as beste hoërskool kultuurleerling. Foto verskaf. Corlia Pieterse is nog ‘n leerling van die CVO Vivo wat tydens die skool se jaarlikse prysuitdeling met verskeie trofeë weggestap het. Nie net was sy die skool se netbalspeler van die jaar nie, maar ook die laerskool DUX-leerling en laerskool redenaar van die jaar. Foto verskaf. Delene van Wyk het tydens die CVO Vivo se jaarlikse prysuitdeling op 26 Oktober met verskeie toekennings weggestap. Sy ontvang nie net die Michelle Becker-trofee vir kuns en Mareli du Plessis-trofee vir drama nie, maar word ook aangewys as redenaar van die jaar (hoërskool) en toppresteerder in literêre werk. Hier hou sy die Michelle Becker-trofee vas. Foto verskaf. Enmari van Wyk (links) en Lourens Hoogenboezem (regs) word tydens die CVO Vivo se jaarlikse prysuitdeling aangewys as die top laerskool Ekspo-presteerders. Foto verskaf. Die CVO Vivo het op 26 Oktober hul top seuns- en meisieshokkiespeler in die laerskool-afdeling aangewys. Hulle is Schalk Potgieter (links) en Martelize Dirks (regs). Schalk word ook aangewys as die skool se laerskool rugbyspeler van die jaar. Foto verskaf. Nog van die CVO Vivo se atlete wat trofeë ontvang het tydens die skool se onlangse jaarlikse prysuitdeling. Van links na regs is Jené en Scott Gallon (onderskeidelik laerskool landloopmeisie en –seun), Ansomie Minnaar (beste veldatleet en hoërskool meisiesatleet van die jaar) en Maryke Shaw (beste baanatleet). Foto’s verskaf. Atlete van die CVO Vivo vertoon trots die trofeë wat hulle ontvang het tydens die skool se prysuitdeling op 26 Oktober. Van links na regs is Jené Gallon (beste baanatleet), Ger-Marie Kemp (beste veldatleet en beste meisiesatleet van die jaar), Luhan Steyn (baanatleet van die jaar) Scott Gallon (top seuns laerskoolatleet) en Daniël Erasmus (veldatleet van die jaar). Foto’s verskaf. Hierdie atlete van die CVO Vivo het almal die afgelope skooljaar op sportgebied uitgeblink. Hulle is tydens die skool se jaarlikse prysuideling op 26 Oktober met trofeë beloon. Van links na regs is Eunice Fick (uitsonderlike deursettingsvermoë op sportgebied), Coenraad Jansen van Rensburg (hoërskool atletiekseun van die jaar), Jan-Gerrit Slot (hoërskool hokkiespeler van die jaar) en Christopher Terblanche (beste hoërskool baanatleet). Foto’s verskaf. Die CVO Vivo het op 26 Oktober, tydens hulle jaarlikse prysuitdeling, leerlinge beloon vir hul harde werk die afgelope skooljaar. Afgeneem is die top presteerders in elke graad. Van links na regs is Eljune Kemp (Graad 5), Karlien Baker (Graad 6), Cinzea Johnson (Graad 4) en Christiaan van Wyk (Graad 7). Behalwe haar toekenning as beste Graad 4, het Cinzea ook die trofee ontvang as algehele toppresteerder van Graad 4 tot 7. Foto verskaf. Laerskool Louis Trichardt se senior Victor Ludorum-trofee gaan vanjaar na Allie Sefole (links voor) en die senior Victrix Ludorum-trofee na Midana Mutshinya (regs voor). Agter is Johannes Joubert (junior Victor Ludorum) en Alida du Preez (junior Victrix Ludorum). Laerskool Louis Trichardt se senior Victor Ludorum-trofee gaan vanjaar na Allie Sefole (links voor) en die senior Victrix Ludorum-trofee na Midana Mutshinya (regs voor). Agter is Johannes Joubert (junior Victor Ludorum) en Alida du Preez (junior Victrix Ludorum). Hoërskool Eric Louw in Musina het tydens hul jaarlikse prysuitdeling in Oktober hul top akademiese en kultuurpresteerders die afgelope jaar vereer. Van links na regs is Jannemari Fourie (junior redenaar van die jaar, wenner van die skrywerskompetisie, sportmeisie van die jaar en senior redenaar van die jaar), Janet Neuhoff (beste in Afrikaans huistaal), Julia Davies (beste in Engels huistaal, beste in Afrikaans tweede taal, beste in wiskunde, beste presteerder in tale en hoogste akademiese presteerder), Marike van der Walt (beste in Engels tweede taal, beste in lewensoriëntering, beste in ekonomiese vakke, senior kultuurmeisie van die jaar en Dux-leerling) en Leah Maphatane (beste in Sepedi). Foto’s verskaf. Hierdie groep leerlinge van Eric Louw Hoërskool in Musina het trofeë vir akademie ontvang tydens die skool se jaarlikse prysuitdeling in Oktober. Van links na regs is Maanda Makgatho (beste in Tshivenda, beste in besigheidstudies en beste CAT), Frans Reynecke (beste in fisiese wetenskap, beste presteerder in wetenskappe en beste in geografie), Chrisna du Plessis (beste in gasvryheidstudies en beste in toerisme), Rose-Marie Smit (beste in wiskunde geletterdheid) en Courtney Mostert (staatmaker van die jaar). Foto’s verskaf. Hoërskool Eric Louw se sportsterre die afgelope jaar het ook erkenning ontvang tydens die skool se jaarlikse prysuitdeling in Oktober. Van links na regs is Reinhardt Fourie (beste senior gholfspeler, krieketspeler van die jaar en sportseun van die jaar), Madele Thiardt (netbalspeler van die jaar), Kopano Kgari (rugbyspeler van die jaar) en Sammy Hlambela (sokkerspeler van die jaar). Foto’s verskaf. Hierdie groep leerlinge het ook toekennings ontvang vir hul prestasies op sportgebied die afgelope jaar, tydens Hoërskool Eric Louw se jaarlikse prysuitdeling. Van links na regs is Christiaan Roux (senior hokkiespeler van die jaar), Danelle Naudé (beste senior hokkiespeler), Samantha Cilliers (beste junior hokkiespeler) en Divan van der Merwe (beste junior gholfspeler). Foto’s verskaf. Nog ‘n paar van Hoërskool Eric Louw se sportpresteerders wat trofeë ontvang het tydens die skool se jaarlikse prysuitdeling. Van links na regs is Charlie du Plessis (beste junior krieketspeler), Sharon Mabasa (beste vordering in netbal), JJ Agenbach (beste vordering in rugby) en Stephen Stander (mees toegewyde rugbyspeler). Foto’s verskaf. Braambos Laerskool op LMB Makhado se top atletiekpresteerders gedurende 2012 was, van links na regs, Vuvu Bobi (senior victrix ludorum), Mohapi Ntobo (junior victor ludorum), Boikgonsho Masehla (junior victrix ludorum) en Kgopatso Mogaswa (senior victor ludorum). Foto verskaf. Nathan Duckworth (links) en Natasha Olivier (regs) word onderskeidelik aangewys as Braambos Laerskool op LMB Makhado se rugbyspeler van die jaar en netbalspeler van die jaar vir 2012. Die toekennings is aan hulle gemaak tydens die skool se jaarlikse prysuitdeling op 8 November. Foto verskaf. Wesley Baartman (links) stap vanjaar weg met Braambos Laerskool op LMB Makhado se gesogte Braamie van die Jaar-toekening. Jacobus Bloem (middel) palm op sy beurt die skool se trofee vir mees voorbeeldige senior leerling in, terwyl Precious Khumalo (regs) die trofee as mees voorbeeldige junior leerling ontvang. Die toekennings is aan hulle gemaak tydens die skool se jaarlikse prysuitdeling op 8 November. Foto’s verskaf. Braambos Laerskool op LMB Makhado het op 8 November hul nuwe hoofleiers en leiers vir 2013 bekend gemaak. Voor staan Tia Mahlwele (leier). Agter, van links na regs, is Nathan Duckworth (hoofseun), Natasha Olivier (hoofmeisie) en Refiloe Chabalala (leier). Foto verskaf. Braambos Laerskool op LMB Makhado se nuwe padpatrollie vir 2013 is, van links na regs, Heylan Heydenrych, Kaylin Rule, Gontse Ntite, Kgopatso Mogaswa en Boipelo Metlhe. Foto verskaf. Hierdie groep leerlinge van Hoërskool Eric Louw in Musina het tydens die skool se jaarlikse prysuitdeling in Oktober trofeë ontvang vir prestasies in rugby. Van links na regs is Aleck Muller (beste voorspeler), Walter Masindi (driedrukker van die jaar), Kagiso Phologa (beste junior rugbyspeler) en Boitumelo Mokoditoa (beste agterspeler). Foto’s verskaf. Matimba Mabyalane (links) en Tiffany van den Berg (regs) word aangewys as Laerskool Messina se beste atletiekseun en –meisie van die jaar, tydens die skool se jaarlikse prysuitdeling verlede week. Foto’s verskaf. Laerskool Messina se mees veelsydige sportseun en –meisie vanjaar was onderskeidelik Jan-Carel Limbach (links) en Tiffany van den Berg (middel). Viraj Devdhara (regs) is aangewys as die skool se beste krieketspeler. Foto’s verskaf. Claudia Celliers (links) en NJ Botha (regs) is tydens Laerskool Messina se jaarlikse prysuitdeling verlede week onderskeidelik aangewys as die skool se beste meisie- en seuntennisspeler. Foto’s verskaf. Laerskool Messina se trofeë vir beste swemmers het vanjaar gegaan aan (van links na regs) Jan-Carel Limbach (beste senior seun), Abri Whelan (beste junior seun), Claudia Celliers (beste senior dogter) en Mieke Greyling (beste junior dogter). Foto’s verskaf. Laerskool Messina het op 12 November hul jaarlikse prysuitdeling gehou. Jan-Carel Limbach stap weg met verskeie trofeë, wat ingesluit het die toekennings vir Afrikaans eerste taal, Engels tweede taal, menslike en sosiale wetenskappe, natuurwetenskappe, tegnologie, lewensoriëntering, kultuur, VLU-spreker, kuns en kultuur, asook die skool se Dux-leerling van die Jaar. Foto verskaf. Drie van Laerskool Messina se akademiese presteerders wat verlede week trofeë ontvang het as top presteerders in verskeie vakgebiede tydens die skool se jaarlikse prysuitdeling. Van links na regs is Justin Oberholzer (Afrikaans tweede taal) Rontodwa Mutshinya (presteer bokant vermoë) en Viraj Devdhara (ekonomiese bestuurswetenskappe). Foto’s verskaf. Laerskool Messina se Tatiana Argyropoulou stap ook weg met verskeie akademiese trofeë tydens die skool se jaarlikse prysuitdeling op 12 November. Sy ontvang die trofeë vir beste leerling in Engels eerste taal, wiskundegeletterheid en kuns en kultuur. Foto verskaf. Laerskool Messina se top leerlinge in Graad 1, aangewys tydens die skool se jaarlikse prysuitdeling is, van links na regs, Skylar Stevens, Amity du Plessis, Nicole Saungweme en Stefan Rudman. Foto verskaf. Rendani Matakanye (links) en Antoné Botha (regs) is aangewys as Laerskool Messina se top Graad 2 leerlinge gedurende 2012. Foto verskaf. Hierdie drie leerlinge is aangewys as Laerskool Messina se beste Graad 3 presteerders gedurende 2012. Van links na regs staan Irral Naudé, Megan Bylefeldt en Bongani Sebe. Foto verskaf. Laerskool Messina se top Graad 4 leerlinge gedurende 2012 is, van links na regs, Diana van Niekerk, Chantel Buys en Kyla Brandt. Foto verskaf. Laerskool Messina het tydens hul jaarlikse prysuitdeling op 12 November hierdie drie leerlinge aangewys as die skool se toppresteerders in Graad 5. Van links na regs staan Leandri Erasmus, Regardt Pieterse en Erik Limbach. Foto verskaf. NJ Botha (links) en Megan Fortuin (regs) stap weg met die trofeë vir beste Graad 6 leerlinge tydens Laerskool Messina se jaarlikse prysuitdeling verlede week. Foto verskaf. Laerskool Messina se top Graad 7 leerlinge gedurende 2012 was Jan-Carel Limbach (links) en Tatiana Argyropoulou (regs). Foto verskaf.

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT