ADVERTISEMENT:

 

 
 

Nog een van die pragtige inskrywing wat ontvang is, is hierdie foto van ‘n trop olifante by Punda Maria in die Kruger Nasionale Wildtuin. Die foto is geneem deur Louis Trichardt fotograaf Brenda le Roux met ‘n Samsung S22-slimfoon.

Slegs ‘n paar uur oor om in te skryf

Date: 30 June 2022 By: Andries van Zyl

Die streek se fotograwe het nog net vandag, 30 Junie, kans om hulle wenfoto’s vir die maand van Junie in te skryf vir die Zoutpansberger se maandelikse kalenderfoto-kompetisie.

Fotograwe sal tot en met die laaste week van elke maand hê om hulle foto’s vir daardie maand in te skryf en ‘n wenfoto sal vir elk van die 12 maande gekies word.

‘n Maksimum van vyf foto’s per fotograaf per maand kan ingestuur word. Oudergewoonte soek ons na daardie spesiale foto wat die uniekheid van die Soutpansberg-streek uitbeeld, van unieke landmerke en besienswaardighede tot die natuurlewe. Die foto moet egter binne die afgelope 24 maande geneem gewees het en moet die fotograaf se eie werk wees.

‘n Prys van R600 sal vir elke maand se wenfoto betaal word. Elke maand se wenfoto sal in die laaste week van die maand gepubliseer word. Deur die maand sal van die beter inskrywings wat ontvang is ook gepubliseer word. Wat beoordeling betref, sal gekyk word na tegniese aspekte soos beligting, skerpheid en komposisie.

Slegs hoë-resolusie digitale foto’s (verkieslik landskap-formaat) sal aanvaar word. Die foto’s kan in hoë resolusie per e-pos gestuur word (een-vir-een indien dit groot foto’s is), of op CD of geheuestokkie ingehandig word by die kantore van die Zoutpansberger te Joubertstraat 16B in Louis Trichardt. Elke inskrywing moet vergesel wees van die fotograaf se naam, kontakbesonderhede, waar die foto geneem is en met watter kamera dit geneem is.

Die 12 wenfoto’s sal aan die einde van die jaar in ‘n groot-formaat muurkalender vir 2023 saamgevat word. Die kalender sal dan onder meer deur die Zoutpansberger gebruik word vir bemarkingsdoeleindes.

Vir meer inligting oor die kompetisie, skakel Andries by tel. 082 603 2419 of 015 516 4997 (tydens kantoorure). Hoë-resolusie foto’s kan ook aan hom gestuur word per e-pos na [email protected].

 
 
 

Viewed: 268

 

 
 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT