ADVERTISEMENT:

 

 
 

Tannie Dora Cronjé het Woensdag, 15 September, die unieke mylpaal bereik om haar 100ste verjaarsdag te vier. Dit maak van haar ook die oudste inwoner van Ons Tuiste Ouetehuis op Louis Trichardt. Afgeneem is tannie Dora saam met haar susterskinders. Van links na regs is Karin Fick, tannie Dora, Dora Fick en agter is Nadia Prinsloo.

Tannie Dora bereik 100 jaar mylpaal

Date: 17 September 2021 By: 

Tannie Dora Cronjé het Woensdag, 15 September, die unieke mylpaal bereik om haar 100ste verjaarsdag te vier, wat haar ook die oudste inwoner van Ons Tuiste Ouetehuis op Louis Trichardt maak. Tannie Dora het hierdie merkwaardige mylpaal gevier saam met haar suster se kinders en personeel van die tehuis. Ook daar om in die feesvieringe te deel was ds. Jan Pretorius en ds. Corné Burger van die NG Kerk Louis Trichardt-gemeente.

Ds. Jan was spesifiek daar om ‘n spesiale oorkonde aan tannie Dora te oorhandig as een van die gemeente se oudste lidmate.

“Die stad op die Berg Gemeente (NG Kerk) van Louis Trichardt Moedergemeente wil graag sy  hartlike gelukwense, dank en waardering betuig teenoor Tannie Dora Cronjé wat op 15 September 2021 eenhonderd jaar oud geword het, vir haar toewyding en diens aan die gemeente en sy lidmate sedert 1946,” lees die oorkonde. Dit vervolg deur die Here te dank wat haar lank gespaar gehou het vir die gemeente en gemeenskap, en ook haar te bedank vir die deernis waarmee sy lidmate van die gemeente bedien.

Tannie Dora is nog heel aan die gang vir haar ouderdom. Sy is vir die afgelope 13 jaar ‘n inwoner van Ons Tuiste en het eers onlangs vanaf ‘n gangkamer na die tehuis se siekeboeg geskuif. Die bestuurder van Ons Tuiste Ouetehuis, Kittie de Bruin, het tydens die geleentheid haar dank uitgespreek teenoor Luke en Mari Enslin vir die kolwyntjies, Des Vermaas vir tannie Dora se grimering, Liesel Scholtz vir die doen van tannie Dora se hare, Alida Pretorius vir die skouerruiker, Dora Fick vir die verversings die oggend en dominees Jan en Corné vir hulle getroue besoek deur die jare.

 

 
 
 

Viewed: 633

 

 
 

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT