Wyle Chris Viviers (49). Foto verskaf.

Chris verloor Covid-stryd

Date: 08 July 2021 By: 

Viewed: 2267

Die 49-jarige Chris Viviers van Louis Trichardt, wat sowat drie weke gelede in die hoësorg eenheid van die MediKliniek in Tzaneen opgeneem is weens Covid-19 komplikasies, het Dinsdagoggend sy stryd teen die gevreesde virus verloor.

Die familie het hul dank uitgespreek teenoor almal wat hulle harte en hande opgemaak het in ‘n poging om Chris se lewe te red. Sy uitstaande mediese rekening beloop nog sowat R133 000.

Die familie het gevra dat mense wat steeds hul weg oopsien om hulle finansieel by te staan, geld kan inbetaal in die rekeningnaam Kern & Dekker Inc, Standard Bank, rekeningnommer 030 429 854 en takkode 052549. Die verwysing “A16410” kan gebruik word.

Vir meer inligting, skakel Louise Dekker of Ina Ras by tel. 015 516 0136/8.

 
 

 
 
 
 
 
 

Email: 

 
 

More photos...