ADVERTISEMENT:

 

 
 

Generiese foto.

Verdagte in Duvenhage-skietery steeds nie in die hof nie

Date: 10 June 2021 By: Andries van Zyl

Bykans twee weke nadat ‘n 33-jarige taxibestuurder by Bandelierkop gearresteer is nadat hy na bewering die 52-jarige André Duvenhage en sy 29-jarige seun Danie doodgeskiet het in ‘n moontlike padwoede insident, het die verdagte steeds nie in enige hof verskyn nie.

Die koelbloedigheid van die voorval die aand van 28 Mei by die Viva-vulstasie op Bandelierkop het skokgolwe deur die gemeenskap gestuur. Tydens die skietery het die verdagte ook homself blykbaar in die been geskiet. Hy is kort ná die voorval aangekeer op twee klagte van moord. Teen druktyd verlede week was die man steeds onder polisiebewaking in ‘n hospitaal weens sy skietwond en kon hy derhalwe nog nie in ‘n hof verskyn het nie.

Teen druktyd hierdie week het dit geblyk dat die verdagte steeds nog nie in enige hof verskyn het op die aanklagte teen hom nie. Die provinsiale woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag in Polokwane, me. Mashudu Malabi, het by navraag Woensdag gesê hulle wag steeds vir die polisielêer oor die voorval, alhoewel die 48-uur periode waartydens die verdagte moes verskyn het lank reeds verstryk het. Of die verdagte steeds in die hospitaal was, kon nie bevestig word nie, en ook nie wanneer en waar hy in die hof sal verskyn nie.

 

 
 
 

Viewed: 492

 

 
 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT