ADVERTISEMENT:

 

 
 

Altesaam agt onwettige immigrante wat hul intrek by die poskantoor op Musina geneem het, is op 9 April gearresteer. Foto: AfriForum.

Polisie en AfriForum maak poskantoor “skoon”

Date: 15 April 2021 By: 

AfriForum se Musina-buurtwag was op 9 April die polisie en verkeersdepartement in dié grensdorp behulpsaam met ‘n operasie om mense wat in die plaaslike poskantoor hul intrek geneem het te verwyder. Altesaam agt onwettige immigrante is tydens die operasie in hegtenis geneem.

Die operasie het gevolg ná ‘n vergadering vroeër verlede week met die Musina Business Chamber, die polisie, AfriForum se Musina-tak en die gemeenskap. Die kwessie rondom die mense wat in die poskantoor ingetrek het, is bespreek, waarna die polisie onderneem het om ’n operasie van stapel te stuur. Die polisie het gevra dat die buurtwag hul ondersteun tydens die operasie.

“Ons het verskeie klagtes ontvang van inwoners oor die omstandighede by die poskantoor. Dit was byna onmoontlik om die poskantoor te besoek. Op baie kort kennisgewing kon ons aan hierdie aksie deelneem. Ons wil die polisie en die verkeersdepartement bedank vir die erns waarmee die saak hanteer is, en in besonder die buurtwaglede wat vroegoggend, voor ’n normale werksdag, aangemeld het om die gemeenskap te help beveilig,” het mnr. Kobus Boshoff, voorsitter van AfriForum se Messina-tak, in ‘n persverklaring gesê.

“Ondernemings en die gemeenskap word lamgelê deur wetteloosheid. AfriForum stel hul ten doel dat ons gemeenskappe hier in Suid-Afrika vry, veilig en voorspoedig bly voortbestaan. Dit sal egter nooit realiseer sonder takke en buurtwagte wat die plaaslike vermoë om die doelwitte te bereik, help vestig nie. Die buurtwaglede se opoffering en samewerking gee vir ons almal moed. As jy in die Musina-omgewing woon, sluit aan by hierdie dinamiese span,” het mnr. Andries Opperman, AfriForum se provinsiale veiligheidskoördineerder vir Limpopo, bygevoeg.

Om betrokke te raak by AfriForum se buurtwag in Messina, laai die Telegram-toep af en soek vir @AfriForumBuurtBot (https://t.me/AfriForumBuurtBot ). 

 

 
 
 

Viewed: 677

 

 
 

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT