ADVERTISEMENT:

 

 
 

Afgeneem is die nuwe bestuur. Voor, van links na regs, is Frits, Frederik, Riana, Inga en André. Agter is Andries en John Buys. Foto verskaf.

Nuwe voorsitter vir Voorsittersvereniging

Date: 26 November 2020 By: 

Die Voorsittervereniging (VV) op Louis Trichardt het op Maandag, 23 November, ‘n nuwe bestuur verkies.

Frederick Eloff is as nuwe voorsitter aangewys, met Riana Otto as ondervoorsitter vir die Louis Trichardt-gemeenskap. Die ander lede van die bestuurskomitee is André Naudé, Inga Gilfillan, Fritz Ahrens, Andries Buys en John Buys (ondervoorsitters namens die Buys-gemeenskap). Dave Patel (ondervoorsitter namens Eltivallis) en Donald Mlati (namens die Hlanganani-groep) kon ongelukkig nie die vergadering bywoon nie. 

Die komitee het hulle dank uitgespreek teenoor André, wat vir die afgelope 17 jaar opgetree het as voorsitter van die VV, asook die ondervoorsitters wat hom ondersteun het. Frederick het voorsitters wat graag by die vereniging wil betrokke raak uitgenooi om hom te skakel by tel. 082 895 8217. 

 
 
 

Viewed: 355

 

 
 

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT