ADVERTISEMENT:

 

 
 

Wyle tannie Jean Engelbrecht. Foto verskaf.

Tannie Jean Engelbrecht oorlede

Date: 29 October 2020 By: 

Inwoners van die Soutpansberg het die afgelope week afskeid geneem van nog ‘n oud-inwoner van Louis Trichardt, tannie Jean Engelbrecht.

“Op 25 Oktober is ons eggenoot, moeder en ouma, Jean Engelbrecht, op die ouderdom van 76 jaar opgeroep na haar hemelse woning,” skryf die familie.

Jean en haar man Manie Engelbrecht, wat 56 jaar getroud was, was jare-lange inwoners van Louis Trichardt en het in 2003 na Musina verhuis om by hul dogter te gaan woon. Daar was sy woonagtig tot en met die dag van haar afsterwe.

“Van die familie se kant af wil ons die dokters Dr. Swanepoel en Vennote wat nou betrokke was by ons eggenoot, moeder en ouma se versorging baie dankie sê. Julle is werklik fantasties,” het die familie gesê.

‘n Roudiens vir wyle tannie Jean vind Donderdag, 5 November, om 11:00 vanuit die Volle Evangelie Kerk in Musina plaas. Sy word oorleef deur haar man Manie, dogter Annemarie du Plessis, skoonseun Cobus Du Plessis, kleindogter Antoinette du Plessis, seun Pieter en skoondogter Nita.

Vir meer inligting, skakel Annemarie by tel. 083 635 1803 of Pieter by tel.083 306 6944.

 

 
 
 

Viewed: 894

 

 
 

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT