ADVERTISEMENT:

 

 
 

Wyle Dirk Coetzee (66). Foto verskaf.

Bekende makelaar en stoei-afrigter oorlede

Date: 01 October 2020 By: Andries van Zyl

Die jaar 2020 is voorwaar ‘n slegte jaar vir die Soutpansberg en sy mense wat sterftes betref met die nuus van die dood van nog ‘n bekende en geliefde inwoner.

Die 66-jarige mnr. Dirk Coetzee, jarelange makelaar van Louis Trichardt en suksesvolle stoei-afrigter, is Woensdag omstreek 01:40 in die Limpopo MediKliniek in Polokwane oorlede.

Volgens sy vrou, Carien, is hy presies ‘n week vantevore in die kliniek opgeneem met medici wat Maandag bevestiging ontvang het dat hy aan ‘n uiters rare vorm van bloedkanker ly.

Wyle Dirk word oorleef deur sy vrou Carien, seuns Dirk junior (en skoondogter Sue-Ann), Stiaan (en skoondogter Jannicke), LJ (en skoondogter Carmina) en vier kleinkinders.

‘n Gedenkdiens vir wyle Dirk word Vrydag, 2 Oktober, om 11:00 vanuit die AGS Charisma in Munnikstraat, Louis Trichardt, gehou. Persone wat belangstel om die diens by te woon word gevra om Carien te skakel by tel. 083 299 1183 sodat die nodige reëlings ten opsigte van getalle getref kan word.    

 

 
 
 

Viewed: 1200

 

 
 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT