ADVERTISEMENT:

 

 
 

Vermis: Die 31-jarige Donovan van Zyl. Foto: Limpopo SAPD.

Louis Trichardt man vermis

Date: 29 September 2020 By: 

Die Makhado SAPD het inwoners versoek om behulpsaam te wees met die opspoor van die 31-jarige mnr. Donovan van Zyl van Louis Trichardt wat vermis geraak het.

Volgens die polisie is Van Zyl na bewering die laaste keer om ongeveer 10:00 op 15 September in die middedorp naby die OK taxi-staanplek gesien. Hy het vir niemand gesê waarheen hy op pad was nie.

Deurlopende pogings om Donovan by sy familie of vriende op te spoor was tevergeefs waarna die familie hom as vermis by die polisie aangemeld het. Hy is laaste gesien in ‘n blou denim broek en swart T-hemp.

Enige iemand met inligting kan die ondersoek beampte, Lt-Kol. Tshililo Mphagi skakel by tel. 082 565 7877, die Stop Misdaad nommer 086 001 0111 of hul naaste polisiestasie.

 
 
 

Viewed: 1554

 

 
 

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT