ADVERTISEMENT:

 

 
 

Wyle me. Engela Dreyer (64). Foto verskaf.

Engela Dreyer oorlede na kort siekbed

Date: 18 September 2020 By: Andries van Zyl

‘n Jarelange inwoner van die Soutpansberg, me. Engela Dreyer, is Saterdag, 5 September, ná ‘n kort siekbed in die ouderdom van 64 jaar oorlede.

Engela het vir lank op Levubu gewoon en die laaste 17 jaar op Louis Trichardt. Sy het die laaste paar maande met haar gesondheid gesukkel weens suikersiekte. Haar toestand het die afgelope paar weke dramaties agteruitgegaan.

Wyle Engela is op 11 September deur pastoor Leonie Meyfarth in die begraafplaas op Levubu begrawe. Sy word oorleef deur haar lewensmaat Willie de Beer, kinders Hettie (en skoonseun Teuns) en Gert (en skoondogter Ronel), kleinkinders en agterkleinkind.

Willie het namens die familie hul opregte dank teenoor die gemeenskap van die Soutpansberg uitgespreek vir hulle ondersteuning. Spesiale dank het gegaan aan die personeel van die Zoutpansberg Privaathospitaal, dr. Emil Gaigher, pastoor Leonie en Gerda Nagel van Mosaic begrafnisdienste.

 

 
 
 

Viewed: 1160

 

 
 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT