ADVERTISEMENT:

 

 
 

Die 43-jarige Henk Fernades benodig dringend ‘n operasies om skade aan sy dermkanaal te herstel wat deur ‘n bakterie veroorsaak is. Die operasies is egter baie duur en die publiek word gevra om te help. Foto verskaf.

Henk het dringend hulp nodig om operasie te kry

Date: 09 July 2020 By: Andries van Zyl

Inwoners van die Soutpansberg is gevra om hulle harte en hande oop te maak vir die 43-jarige Henk Fernandes van Louis Trichardt.

Henk, ‘n bekende gesig by SA Fluid Dimension, is vir die laaste drie maande bedlêend nadat hy in Desember ‘n bakterie opgetel het wat in sy dermkanaal gaan lê het. Die bakterie het begin om ‘n gat in sy dermkanaal te vreet, wat veroorsaak dat afskeidings deur die weefsel in sy liggaam gaan en erge pyn veroorsaak.

Henk het al twee operasies teen astronomiese koste gehad om die skade te probeer herstel, maar beide operasies was onsuksesvol. Hy benodig nou ‘n derde, waartydens ‘n stuk van die derm uitgesny moet word. ‘n Pyp en ‘n sakkie sal dan aangeheg word waarmee hy vir ses maande sal moet loop.

“Hierdie operasie gaan ons baie kos en ons het nie die fondse om dit te laat doen nie,” het Henk se vrou Hannetjie gesê. Sy het benadruk hoe dringend die operasie is. “Weet jy wat, as ek hom verlede week al kon gevat het vir die operasie dan sou ek, so dringend is dit … Hy is in ongelooflike pyn,” het Hannetjie gesê.

Henk mag glad nie staan nie en moet ook so min as moontlik beweeg, daarom dat hy al vir drie maande bedlêend is. “Sy dokter het vir hom ná die vorige operasie gesê hy moet ook maar so min as moontlik sit, om die drukking te verminder. Dit is wat dinge nou moeilik maak. My man lê en huil van pyn… ” het Hannetjie gesê.

Om die operasie te laat plaasvind, kort die familie R80 000. Dit is volgens Hannetjie vir vier dae se hospitalisasie by die Medikliniek in Tzaneen, die teater en dan die goed wat hulle in die teater gaan gebruik.

Henk se verhaal het mense in die gemeenskap aangespoor om te kyk waar hulle die familie kan help. Een van hulle is Lillian van Niekerk. Sy het op haar Facebook-blad ‘n uitnodiging aan die publiek gerig om te help. “Graag vra ek 1 000 mense om elk net R80 by te dra,” het sy geskryf.

Hammann en Moosa Prokureurs het ook hulle hulp aangebied en hul trustrekening beskikbaar gestel aan die publiek waarin kontantdonasies inbetaal kan word. Die firma sal die fonds administreer. Inbetalings kan gemaak word in rekeningnaam Hammann-Moosa Trust, Standard Bank, rekeningnommer 330 241 176. Die takkode is 052549 en die betalingsbewys NK22227 moet gebruik word.

“Graag wil ons ‘n beroep doen op die gemeenskap om ons met die fondse te help asseblief. As ek nou in my kar kan klim en ek het die geld, dan ry ek nou. As dit môre-oggend drie-uur is, dan ry ek drie-uur. Ek is bang vir die verdere skade wat aangerig word met elke dag wat hy lê,” het Hannetjie gesê.

 

 
 
 

Viewed: 831

 

 
 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT