ADVERTISEMENT:

 

 
 

Rolf en Gerda Schlieben is dankbaar om weer by die huis te wees, nadat Rolf op vakansie die gevreesde Covid-19 virus opgedoen het. Foto verskaf.

Egpaar weer tuis na meer as 80 dae in isolasie

Date: 27 June 2020 By: 

Uit en Tuis … Rolf en Gerda Schlieben van Louis Trichardt is weer by die huis, nadat ‘n bootreis van een maand toe drie maande en een week geword het!

“Ons wil graag aan almal wat die traumatiese reis met ons meegemaak het, baie dankie sê. Beide van ons was in kwarantyn (isolasie) vir meer as 80 dae in Rome. Gedurende dié tyd kon ons slegs telefonies met mekaar kontak maak,” het die egpaar gesê.

Rolf is gediagnoseer met SARS en Covid-19. Hy is egter dadelik gediagnoseer, hospitaal toe en opgeneem in ‘n hoësorg-eenheid. Hy was 11 dae in hoësorg, waarna hy vir 29 dae in 'n hersteleenheid opgeneem is, weereens in isolasie, geen selfoon, geen besoekers, geen pakkies, ensovoorts.

Rolf is egter 'n vegter en met die ondersteuning en meelewing van gebede het hy sterk gestaan. Hy is vol lof en dankbaarheid vir onder andere dr. Maria Christina Zappa en verpleegpersoneel van die Sandro Pertini Hospitaal in Rome. “Ons bedank  graag ons liewe kinders en kleinkinders, bure, vriende, Duitse Kerk (Pretoria), nuwe bootvriende (Costa Luminosa), gebedsgroepe, kennisse, spontane gebede deur vreemdelinge en die gemeenskap van Louis Trichardt vir hulle liefde, gebede en bemoediging. Ons het tydens ons verblyf in Rome weereens besef dat ons lewens in Sy hande is. God het ons elke dag gedra en ons gehelp om sin te maak van die situasie waarin ons ons bevind het. Steeds beleef ons God se genade met groot dankbaarheid. Dit was vir ons goed om al die angs te ervaar, ‘want God is goed. Sy goedheid duur vir altyd’ (Psalm 118: 29),” het die egpaar gesê. (Meer oor Rolf en Gerda se traumatiese “vakansie” volg eersdaags in die Zoutpansberger).

 

 
 
 

Viewed: 1205

 

 
 

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT