ADVERTISEMENT:

 

 
 

Wyle Hans Moos (74). Foto verskaf.

Oud-bestuurder van Coke oorlede

Date: 21 May 2020 By: 

Nog ‘n bekende oud-inwoner van Louis Trichardt, mnr. Hans Moos, is op 18 Mei ná ‘n siekbed van twee-en-‘n-half weke in die Unitas Hospitaal in Pretoria oorlede. Hy was 74 jaar oud gewees.

Hans was sedert 1985 die bestuurder van Coca-Cola op Louis Trichardt en het ná sy aftrede na Modimolle (Nylstroom) verhuis waar hy tot met sy dood drie King Pie konsessies in Mokopane bestuur het.

Wyle Hans sal tydens ‘n privaatgeleentheid veras word. Hy word oorleef deur sy kinders Lanina, Sorinda, Tania, en Tabu, asook drie kleinseuns JW, Christiaan en Louie. “Hy word alreeds baie gemis,” het die familie gesê.

 
 
 

Viewed: 1341

 

 
 

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT