ADVERTISEMENT:

 

 
 

Verbod op die verkoop van onvolwasse avokado’s

Date: 09 January 2020 By: 

Die Subtropiese Kwekersvereniging (Subtrop) het avokadoboere gewaarsku om nie onvolwasse vrugte na markte te stuur nie.

Hierdie waarskuwing is Maandag in ‘n persverklaring uitgereik. Volgens die vereniging word die verkoop van onvolwasse avokado’s (wat nie behoorlik ryp sal word nie) verbied in terme van die Wet op Landbouprodukstandaarde. “Inspekteurs sal vroeg in die seisoen op die markte begin om avokado-volwassenheid te toets. Die verkoop van alle onvolwasse avokado’s sal verbied word,” het Subtrop gesê.

Subtrop het avokadoprodusente derhalwe aangeraai om seker te maak dat hulle vrugte voldoen aan die vereiste volwassenheidstandaard voordat dit gepluk word. Vir die kultivar Fuerte moet die vrug se voginhoud 80% of minder wees. Betroubare avokado-pakhuise is almal toegerus om die vereiste volwassenheidstoetse uit te voer.

“Inspekteurs sal avokado-volwassenheid op die Nasionale Varsproduktemarkte kontroleer. Daarom moet produsente seker maak dat hulle vrugte aan die nodige vereistes voldoen voordat hulle oes. Sodoende sal hulle nie die risiko loop dat die verkoop van hulle vrugte verbied word nie. Alle koste om onvolwasse vrugte van die mark te verwyder sal vir die produsent se rekening wees,” het Subtrop gewaarsku.

Vir verdere inligting oor die volwassenheidsbepalings het Subtrop produsente uitgenooi om vir Andries Bester te skakel by tel 015 307 3677.

 

 
 
 

Viewed: 441

 

 
 

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT