ADVERTISEMENT:

 

 
 

Die inwoners van Ons Tuiste Ouetehuis op Louis Trichardt het Woensdag hul jaar afgesluit met die hou van hulle jaarlikse Kersete. Hul tema vanjaar was The Great Gatsby en ‘n paar van die kleurvolle karakters was (van links na regs) tannie Joey Knoetze, tannie Dolina Fourie, tannie Bets Cronjé, tannie Hester Schoeman en oom Kobus Lubbe.

Ons Tuiste sluit besige jaar kleurvol af

Date: 08 December 2019 By: Andries van Zyl

Op Woensdag, 4 Desember, is die bejaardes van Ons Tuiste weer lekker bederf met hul jaarlikse Kersete.

Tydens die feestelike ete het die bestuurder van Ons Tuiste, me. Kittie de Bruin, gebruik gemaak van die geleentheid om die borge wat die Kersete moontlik gemaak het, sowel as ander instansies en individue wat deur die jaar hul harte, hande, tyd en beursies aan Ons Tuiste oopgemaak het, te bedank.

Die borge wat die Kersete moontlik gemaak het, is Retief Redelinghuis, Danelle Fourie, Mari van Wyk, Christelle Leonard, Eldine Peli, Marie du Toit, Elise Adendorff, Dot van der Westhuizen, Elegant Fuel, Donsie en Jacobie van Wyk, Alida Jongbloed, Anna Lordan en Nico en Rennie Lotter.

“Dankie aan drs. Stroebel, Venter, Malan, Badenhorst, Gaigher en De Wet vir julle onbaatsugtige diens gelewer aan Ons Tuiste se bejaardes. Dankie aan al die kerke en vrywilligers vir al die besoeke en omgee. Dankie aan al die besighede, boere en individue van die Soutpansberg-gemeenskap vir al die ruim skenkings (brandstof vir voertuie, diesel vir die kragopwekker, gas vir die gasstoof, water, groente, vrugte, kruideniersware, linne, doeke vir verswakte bejaardes, en nog vele meer) die afgelope jaar,” het De Bruin gesê. Sy het ook elke personeellid bedank vir hulle omgee en toewyding en die Zoutpansberger vir die plaas van die tehuis se berigte. Ons Tuiste wens almal ‘n voorspoedige 2020 toe!” het De Bruin gesê.

 
 
 

Viewed: 750

 

 
 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 
 

More photos... 

Van Ons Tuiste Ouetehuis se inwoners klink ‘n glasie op ‘n bedrywige jaar tydens die tehuis se Kersete Woensdag. Die tema van die ete was The Great Gatsby.

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT