ADVERTISEMENT:

 

 
 

Wyle tannie Rina Botha (82).

Tannie Rina Botha oorlede

Date: 06 September 2019 By: 

Inwoners van Louis Trichardt het met groot hartseer verneem van die dood van die 82-jarige tannie Rina Botha.

Tannie Rina was vir ‘n totaal van 54 jaar werksaam by Coxwell, Steyn, Vise en Naudé in Louis Trichardt, hoofsaaklik in die invorderingsafdeling. Sy was tot Januarie 2017 werksaam by die firma, maar moes die onderneming vaarwel roep nadat sy ‘n beroerte gehad het.

Later dieselfde jaar het tannie Rina die Soutpansberg na 80 jaar vaarwel geroep, nadat daar besluit is dat dit beter vir haar sou wees om na Pretoria te trek waar sy nader aan haar kinders en mediese hulp was. Tannie Rina is op 23 Augustus na ‘n kort siekbed in die Montana Hospitaal in Pretoria oorlede. Kort voor haar dood is sy ook met lewerkanker gediagnoseer.

‘n Roudiens vir wyle tannie Rina is op 30 Augustus in Pretoria gehou. Sy word oorleef deur haar seuns Ocker en Henri, dogter Ronel, skoonfamilie, kleinkinders en agterkleinkinders.

 
 
 

Viewed: 935

 

 
 

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT