ADVERTISEMENT:

 

 
 

Die Olyfgrasslang. Foto: Johan Marais.

Pasop hy byt, maar nie te seer nie

Date: 15 April 2019 By: 

In hierdie week se gereelde kolom oor die Soutpansberg se slange word daar gekyk na die Olyfgrasslang (Psammophis mossambicus).

“Hierdie slang is een van die groter grasslange, met ‘n gemiddelde lengte van tussen 1,4  en 1,6 meter. Hulle kan selfs tot 1,8 meter groei,” het plaaslike slangkenner en -vanger Jan “Slang” van Rooyen gesê. Jan is weer terug in die Soutpansberg na ‘n paar maande se verblyf in Natal.

Volgens Jan is hierdie die giftigste van al die grasslange en pik graag as hy gevang word. “Sy gif is egter matig en het amper geen uitwerking op die mens nie,” het Jan gesê. Hy het bygevoeg dat die Olyfgrasslang ook eerder vinnig sal probeer vlug as dit teëgekom word. Wat egter teen die slang tel is dat baie mense, volgens Jan, hom verwar met die Boomslangwyfie of selfs die Swart Mamba.

Hierdie slang maak aktief jag op sy prooi, wat insluit akkedissies, paddas, voëls, klein soogdiere en selfs ander slange. Mense is beslis nie op sy spyskaart nie. “So, wanneer hierdie slang teëgekom word, los hom maar net uit. Hy sal self aanbeweeg en daar is geen rede om bang te wees vir die slang nie,” het Jan gesê.

Jan het inwoners weereens versoek om hom of Frikkie Venter te skakel indien hulle ‘n probleem met ‘n slang het. “Laat hom eerder verwyder as om hom dood te maak,” het Jan gesê. Hy het derhalwe inwoners versoek om sy (081 217 9213) en Frikkie se nommer (082 058 7601) op hulle fone te stoor.

“Onthou asseblief dat alhoewel ons nie geld vra om die slange te vang nie, ‘n donasie welkom sal wees aangesien ons tog uitgawes, soos vervoer, het om die slang te kom vang,” het Jan gesê.

 

 
 
 

Viewed: 452

 

 
 

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT