ADVERTISEMENT:

 

 
 

Agt lede van die VLU Noord het op 23 en 24 Oktober die Suid-Afrikaanse Vroue Landbou-unie se drie-jaarlikse kongres in Windhoek, Namibië, bygewoon. Van links na regs staan VLU Noord (Limpopo) president Leanda Le Cornu, Ria Thuynsma (Ellisras), Marieta Eckard (Ellisras), SAVLU president Tharina Rossel (Ellisras), Ina Kruger (VLU Noord se beoordelaarsameroepster van Tzaneen), Sanet Meyer (takvoorsitter Alldays) en agter haar is Retha Weideman (Alldays) en Susanna Eckard (Ellisras). Marieta het 21jaar gelede ook die kongres in Windhoek bygewoon. Foto verskaf.

Leanda as SAVLU vise-voorsitter verkies

Date: 05 November 2018 By: Andries van Zyl

Agt van die streek se vroue het op 23 en 24 Oktober die Suid-Afrikaanse Vroue Landbou-unie (SAVLU) se drie-jaarlikse kongres bygewoon waartydens ernstige sake, van borskanker tot die gehoorsaming van verkeerswette, bespreek is.

Vanjaar is die kongres in Windhoek, Namibië, aangebied. Verteenwoordig by die kongres was onder meer Leanda le Cornu, plaaslike inwoner en president van die VLU Noord (Limpopo). Le Cornu is ook tydens die kongres verkies as vise-president van die SAVLU.

Le Cornu het gesê dat prof. Elain Vlok van Clover Mamma Afrika op die eerste dag as gasspreker opgetree het. “Haar boodskap was: ‘Staan op en doen net iets; moet nie net bakhand staan nie – jy’s ‘n vrou en jy kan ʼn verskil maak’,” het Le Cornu gesê. Sy het bygevoeg dat Vlok genoem het dat mense nie meer wil werk nie. “Sy het genoem dat blootstelling jou saak bevorder. Jy moet hard werk, aanhou en uithou en weet ook dat jy nooit 100% sukses gaan hê nie,” het Le Cornu gesê.

Wat borskanker betref, is daar gesê dat mense wat met dié kanker gediagnoseer word oor genoegsame inligting moet beskik voordat hulle besluite neem ten opsigte van behandeling.

Die gebrek aan mense wat verkeersreëls gehoorsaam, is ook bespreek. Daar is besluit om die minister van vervoer, mnr. Blade Nzimande, en die onderskeie rolspelers van die padverkeerowerhede in die land te versoek om daadwerklik op te tree teen ongehoorsame of roekelose bestuurders. “Ons gaan ook die owerhede versoek om dringend aandag te skenk aan vragmotors wat die lengte van 22 meter oorskry en geen aanduiding daarvan aan motoriste gee nie,” het Le Cornu gesê.

Derdens is daar tydens die kongres besluit om die Suid-Afrikaanse Verbruikersunie te versoek om toe te sien dat alle kosprodukte van inligting voorsien word ten opsigte van die inhoud daarvan. “Dit is lewensnoodsaaklik, veral vir mense met allergieë vir sekere bestanddele van produkte,” het Le Cornu gesê.

Die SAVLU se volgende drie-jaarlikse-kongres sal in 2021 by Overvaal in Gauteng plaasvind. Dit sal ook die viering van die unie se 90ste verjaarsdag wees.

 

 
 
 

Viewed: 462

 

 
 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT