ADVERTISEMENT:

 

 
 

‘n Groep van 18 van Louis Trichardt se senior burgers is verlede week getrakteer met ‘n uitstappie na Tshipise. Afgeneem is die groep kort ná hul aankoms op Tshipise. Foto verskaf.

Weldoeners maak 18 bejaardes se harte bly

Date: 21 September 2018 By: Andries van Zyl

‘n Groep van 18 van Louis Trichardt se bejaardes het onlangs die kans gekry om ‘n draai te gaan maak by die Forever Resorts Tshipise.

Van die bejaardes het nog nooit in ‘n vakansie-oord oorgeslaap nie, terwyl ander in jare nog nooit weer buite die dorpsgrense van Louis Trichardt was nie.

Die groep se besoek aan hierdie bekende Bosveld-oord vanaf 10 tot 12 September is moontlik gemaak deur verskeie borge. Hulle het ingesluit Pieter Erasmus van Forever Resorts Tshipise, wat die verblyf, pap en sous gegee het. Hoërskool Louis Trichardt het op hulle beurt hul skoolbussie beskikbaar gestel om die bejaardes mee te vervoer, terwyl Neels van Total die brandstof en tolhekkoste na Tshipise betaal het. Safari Caltex (Alma) het op hulle beurt weer die brandstof en tolhek terug na Louis Trichardt betaal.

Pap en sous is niks sonder ‘n vleisie om saam te geniet nie. Hier het die organiseerders hul dank uitgespreek teenoor Die Vleismark (Christa) wat elke aand se vleispakkies verskaf het vir die braai. Net om almal mooi gesond te hou, het Fruit & Veg (Tobie) die vrugte vir die uitstappie gegee, terwyl Limpopo Melkery (Albert) gesorg het vir die joghurt en sappies. Janine het elkeen ook trakteer met ‘n roomys.

Daar was ook heelwat kontantskenkings vir die uitstappie gewees. Hier is skenkings ontvang van Letaba Wireless Networks (Rocco), Christo Snyman, Montimart (Lodene Purdon), Maranga Panga (Iain Purdon) en Pest Control (Dawn).

“Baie dankie! Julle is engele wat opreg waardeer word. Julle het 18 mense se harte baie bly gemaak en hulle ‘n baie spesiale geleentheid gebied,” het die organiseerders van die uitstappie gesê.

 
 
 

Viewed: 423

 

 
 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT