ADVERTISEMENT:

 

 
 

Suid-Afrikaanse ekonoom Dawie Roodt en sy Efficient Groep het op 4 Julie besoek afgelê op Levubu waar hulle onder meer ‘n tjek van R7 500 aan die Levubu Plaaswag oorhandig het. Afgeneem tydens die geleentheid is van links na regs Christo Snyman (plaaswag), Willem Basson, Riaan Prinsloo, Lana Hoffman (plaaswag), Ampie Rossouw, Fanie Havinga (SDLU) en Dawie Roodt. Foto verskaf.
 

Roodt praat oor wêreld ekonomie en banke se voortbestaan

Date: 12 July 2018 By: Andries van Zyl

Die Levubu Plaaswag het op 4 Julie hulle horisonne ietwat verbreed tydens ‘n praatjie deur bekende Suid-Afrikaanse ekonoom Dawie Roodt.

Roodt en sy Efficient Groep het ondermeer tydens die aand se praatjie perspektief geplaas op die internasionale sowel as plaaslike ekonomie en die huidige verandering daar binne. Met sy meestersgraad in ekonomie (cum laude) en sy studies oor kommunisme in Rusland, kon mens dus kennis neem van wat hy sê. Hy het die aand onder andere voorspel dat banke soos mense dit vandag ken sal verval en dat slegs digitale geldeenhede gebruik sal word. Wat dit betref is Roodt tans besig met sy doktorsgraad in crypto currencies.

Roodt se praatjie die aand het ook gedien as fondsinsamelingsgeleentheid vir die Levubu Plaaswag. Sowat 160 mense het die geleentheid bygewoon. “Willem Basson het op ‘n besonderse wyse Dawie se ellelange CV voorgehou met interessante brokkies, onder andere dat Dawie al die ystermankompetisie voltooi het, asook nasionale kleure ontvang het vir gemotoriseerde sweefvlerk vlieg. Hy het ook ‘n groot kennis van visse (igtiologie) om net ‘n paar goed te noem,” het Lana Hoffman, wat die praatjie bygewoon het, na die tyd opgemerk.

Roodt en sy Efficient Groep het ‘n tjek ter waarde van R7 500 aan die bestuur van die plaaswag oorhandig. Christo Snyman het ook die gehoor ingelig oor die rol wat plaaswagte speel in die gebied en mense aangemoedig om in te skakel by die struktuur wat uit ‘n groot netwerk bestaan.

Dank is na afloop van die geleentheid uitgespreek teenoor al die borge wat van die aand ‘n sukses gemaak het, insluitend Hippo Lodge en Lalani Lodge (vir die verblyf van die vier persone), Mayomac, Denova, Green Farms, Granor, Specialized Oil, Westfalia, Amondel, Amana, Arbor Boerdery, Levubu Droë Vrugte, Yukon, Welties Investment (vir die geskenke aan sprekers), Wolkberg, PC Gird, Heleen Yzel, Herdré Putter, die boerevereniging, Stef de Lange, Annari Muller, Spar Tshakuma en Tinus Schutte. “Dankie vir elkeen se groot bydrae. Dankie ook aan elkeen wat die moeite gedoen het om ‘n kaartjie te koop en te kom!” het die plaaswag gesê.

 
 
 

Viewed: 567

 

 
 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT