ADVERTISEMENT:

 

 
 

Hulp gevra met dooie voetganger

Date: 24 May 2018 By: Isabel Venter

Die Makhado Polisie het ‘n beroep gedoen op die publiek om hulle te help met die identifisering van ‘n voetganger wat op ‘n grusame wyse oorlede is.

‘n Onbekende man is verlede Vrydag, 18 Mei, op die N1-suid in die omgewing van Kennington Lodge dood, nadat hy vermoedelik deur verskeie voertuie getref is.

Volgens die Makhado SAPS se woordvoerder, konst. Irene Radzilane, het die voorval ongeveer 21:30 plaasgevind. Sy het Maandag gesê dat die man deur ten minste ses voertuie raakgery moes gewees het, maar dat net twee voertuie by die toneel gestop het. Weens dié feit was die man se liggaam grusaam vermink teen die tyd wat die polisie en nooddienste opgedaag het.

Die polisie, het Radzilane gesê, het ‘n paspoort naby dele van die man se liggaam gekry. Hulle kon egter nie positief bevestig of dit aan die oorledene behoort nie.

Ondersoeke duur voort, maar intussen kan die publiek speurder Tshilidzi Nthembuluseni (082 215 3171) skakel as hulle kan help hom die man te identifiseer.

 
 
 

Viewed: 535

 

 
 

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT