ADVERTISEMENT:

 

 
 

Koben het ook Woensdag besoek ontvang van 'n klomp Triegies, onder andere die onderkaptein van die eerste rugbyspan, Philip Apea-Adu. Foto verskaf.

Koben kry gevoel in onderlyf terug

Date: 23 May 2018 By: Isabel Venter

Goeie nuus is uit Pretoria ontvang oor die 15-jarige Koben Hofmeyr se herstel.

Koben het Woensdagoggend gevoel onder sy voete, in sy knieë en op sy maag gehad.

Dié goeie nuus is met die Zoutpansberger gedeel tydens 'n onderhou met Koben se ouers, Trompie en Annelize.

Pa Trompie het ook kort na die onderhoud per WhatsApp laat weet dat Koben se gevoel in sy tone ook teruggekom het.

Koben, wat vir Hoërskool Louis Trichardt se o.16-rugbyspan speel, se nek is beseer tydens ‘n wedstryd teen Hoërskool Warmbad. Hy is Saterdagaand laat in die Groenkloof Hospitaal in Pretoria opgeneem, waar hy reeds ‘n noodoperasie ondergaan het om van die skade te herstel.

Lees die volle berig in more se uitgawe van die Zoutpansberger.

 
 
 

Viewed: 2450

 

 
 

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT