ADVERTISEMENT:

 

 
 

Louis Trichardt gesin aangehou deur huisrowers

Date: 08 December 2017 By: 

Inwoners van Louis Trichardt is gister gemaan om hul persoonlike veiligheid op te skerp na ‘n aanval op ‘n gesin wat vasgebind en aangerand is in hulle huis.

Die gesin, ‘n jongman, sy ma en bejaarde ouma, is Woensdagaand (6 Desember) omstreeks 23:00 in hul huis oorrompel deur vyf rowers.  Een van die rowers was glo gewapen met ‘n pistool.

Hierdie aanval is glo voorafgegaan deur ‘n tweede huisroof by die bure van die gesin.

Sover die koerant kon vasstel het vyf verdagte mans die jongman en sy gesin vasgemaak en toe gesteelde goedere bymekaargemaak in die huis voor hulle op die vlug geslaan het.  

Die Makhado Polisie het die voorval bevestig en gesê die rowers het daarin geslaag het om weg te kom met verskeie vuurwapens, vyf selfone en ‘n bedrag kontant. Volgens die plaaslike polisiewoordvoerder, konst. Irene Radzilane, het die rowers in ‘n bakkie met ‘n onbekende registrasienommer weggekom.

 
 
 

Viewed: 3435

 

 
 

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT