ADVERTISEMENT:

 

 
 

Ma en seun oorleef aanval

Date: 20 October 2017 By: Isabel Venter

“Tannie, hy het my gunsteling baadjie gevat!”

Só het die 10-jarige JT de Fin van Louis Trichardt vertel skaars ‘n uur nadat hy en sy ma, Charlene, Vrydagoggend, 20 Oktober, deur ‘n gewapende man beroof is. Hy het so groot geskrik dat hy sommer begin huil toe hy en ma Charlene begin vertel wat gebeur het.

Die voorval het naby hulle huis te Joubertstraat 56 plaasgevind.

Die rower was met ‘n mes gewapen gewees en het Charlene beveel om haar selfoon en geld te oorhandig. Charlene het nie enige geld by haar gehad nie, en die rower het haar toe beveel om haar duur Nike-tekkies uit te trek en vir hom te geen. JT moes ook sy baadjie uittrek en vir die rower gee.

Die voorval volg enkele ure nadat rowers by die huis ingebreek het van Charlene se sussie, Jolene, wat langsaan woon. Drie rowers het die oggend, ongeveer 04:00, ‘n skuifdeur oop forseer om toegang te kry tot die huis.

Jolene se twee stiefseuns, Richard (14) en Fernando (10), het voor die televisie aan die slaap geraak en wakker geword toe hulle hoor daar is iemand in die huis. Een van die rowers het vir Richard beveel om stil te bly of hy gaan hom skiet.

“Ek het toe gekyk hoe hulle ons TV en selfone steel,” het Richard gesê.

Dit is juis hierdie voorval, sê Charlene, wat aanleiding gegee het tot die aanval op haar en JT. “Ek was eintlik dom, nou dat ek daarin dink,” sê Charlene. Sy het besluit om te kyk of die rowers dalk van die goedere wat hulle gevat het in die bosse, wat aan hulle woonstel grens, gaan wegsteek het. Hulle het wel van haar suster se medisyne en ander dokumente gekry. JT het gevra dat hulle eerder omdraai en huis toe gaan, want dinge voel nie vir hom veilig nie en dit is toe dat die aanvaller uit die bosse kom en hulle dreig met die mes.

“Ons is net dankbaar dat Jesus ons beskerm het en dat die man ons nie seergemaak het nie,” het Charlene gesê.

Die saak word deur die polisie ondersoek.

 
 
 

Viewed: 3065

 

 
 

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT