ADVERTISEMENT:

 

 
 

Wegholbrande hou brandbestryders besig

Date: 18 August 2017 By: Isabel Venter

 

Dit was nie net die brandweer wat Donderdag, 17 Augustus, verwoed moes keer dat veldbrande verdere skade in en om Louis Trichardt aanrig nie.

Lede van die streeks se plaaswagte, sommige so ver as van Bandelierkop af, asook lede van die Soutpansberg Dorpswag, het ingespring om te help vure doodslaan.

Die Makhado Brandweer het bevestig dat daar vyf veldbrande en een struktuurbrand die dag aangemeld is. Drie van die veldbrande het in die dorp ontstaan in Vorsterstraat, agter Ridgeway College in Leeustraat en in die veld agter Shefeera Timbers in Groblerstraat. Die ander twee brande is aangemeld langs die N1 suid en by Champions Academy buite Louis Trichardt langs die Madombidzha-pad.

Dit was nie net die veld rondom Shefeera Timbers wat gebrand het nie. Die vuur het vermoedelik van daar laer af in Groblerstraat versprei tot in die begraafplaas en toe na Kortstraat waar Partland Scrapyard amper afgebrand het. Die perseel grens aan ‘n oop stuk veld, waar die bos nog gesmeul het van die dag se vlamme. ‘n Sterk wind het vermoedelik die vuur opgeskep en van die voertuie in die skrootmetaalperseel het vlamgevat.  Die vlamme is inderhaas geblus, voordat dit kon versprei na ander nabygeleë ondernemings.

Die Makhado Polisie kon Vrydagoggend nie vir kommentaar bereik word om te bevestig of daar enige aanklagte van brandstigting aangemeld is nie. Plaaslike polisiewoordvoerder, konst. Irene Radzilane, het egter onderneem om ondersoek in te stel en terugvoering te gee. Sy kon ook nie enige lig werp op bewerings dat van die brande in die dorp deur die berugte “rolstoel-boemelaar” gestig is. Volgens die Makhado Brandweerstasie het hulle al by meer as een geleentheid al by die polisie gekla oor dié man se vure wat hulle pal moet gaan blus.

Het jy enige inligting om te deel oor hierdie storie? Kontak die Zoutpansberger by tel. 015 516 4996 of stuur ‘n e-pos aan [email protected]

 
 
 

Viewed: 470

 

 
 

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

 
 

More photos... 

'n Brandweerman van die Makhado Brandweerstasie besig om die brand by Partland Scrapyard in Kortstraat te blus.

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT