ADVERTISEMENT:

 

 
 

Wewenaar op plaas aangeval

Date: 06 May 2017 By: Andries van Zyl

Die 73-jarige mnr. Daan Viljoen is gelukkig om nog te leef, nadat hy net na 11:00 in sy plaaswoning by die Southdown plotte net buite Louis Trichardt aangeval is.

Mnr. Paul de Beer huur ‘n kamer by oom Daan. Hy het vroeg Saterdagoggend vanaf die hengelwater teruggekeer en omstreeks 08:00 besluit om bietjie te gaan lê in sy kamer op die tweede verdieping van die huis. “Ek het wakker geword en gehoor hoe oom Daan hard sê: I swear to God, you can kill me! Met die het ek ander stemme gehoor en besef oom Daan word aangeval,” het De Beer kort na die aanval aan die Zoutpansberger gesê.

Paul het kop gehou en saggies sy selfoon gebruik om die plaaswag te ontbied. Die plaaswag was binne tien minute op die toneel, maar teen daardie tyd was die vier plaasaanvallers reeds weg.

“Hulle het oom Daan erg aangerand en ook met ‘n strykyster gemartel. ‘n Paar keer het hulle hul rewolwer in sy gesig gedruk en die sneller getrek. Elke keer het die rewolwer geweier om te vuur,” het De Beer gesê.

De Beer, wat ongedeerd was, sê daar was vier aanvallers gewees. “Hulle het sy kluis se sleutels gekry en sy jag- en haelgeweer gevat voordat hulle te voet op die vlug geslaan het,” het De Beer gesê. 

Teen die tyd wat hierdie berig geskryf is, was die plaas afgesper en was die polisie en plaaswag besig om deur die digte bosse spoor te sny op soek na die verdagtes. Oom Daan, ‘n wewenaar, is na die Louis Trichardt Privaathospitaal geneem vir mediese behandeling.

Lees meer hier

 
 
 

Viewed: 9537

 

 
 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT