Vhembe swyg oor gesloer om lekke reg te maak
Sowat ses weke gelede het mnr. Tim Fraser van Louis Trichardt besluit om die regte ding te doen en ‘n groot waterlek laer af in die straat waar hy bly aan die Vhembe Distriksmunisipaliteit (Vhembe) te rapporteer. Duisende liters water het in die straat af gestroom en die lek het tot gevolg gehad dat huise hoër op sonder water was.