ADVERTISEMENT:

 

 
 

Die 38-jarige Jaco Cilliers wat gedurende die vroeë oggendure van Donderdag, 14 Julie, koelbloedig doodgeskiet is in die pad langs die Messina Rugbyklub. Foto: Facebook.

Musina inwoner koelbloedig langs rugbyveld doodgeskiet

Date: 15 July 2022 By: Andries van Zyl

Limpopo polisie het die moord bevestig van ‘n inwoner van Musina voor die Messina Rugbyklub gedurende die vroeë oggendure van Donderdag, 14 Julie.

Provinsiale polisiewoordvoerder, Brigadier Motlafela Mojapelo, het by navraag gesê die 38-jarige Jaco Cilliers is deur ‘n groep onbekende verdagtes in die pad reg langs die rugbyveld doodgeskiet. Die voorval het ongeveer 01:20 Donderdag plaasgevind.

Volgens Mojapelo was ‘n gewapende sekuriteitsbeampte besig om in die area te patrolleer toe hy ‘n enkele geweerskoot gehoor het. Hy het dadelik in die rigting van die geweerskoot beweeg en na bewering gesien hoe ‘n man gebukkend oor Cilliers se liggaam staan en sy sakke deursoek. Die sekuriteitsbeampte het onmiddellik sy vuurwapen uitgetrek en verskeie skote op die verdagte man geskiet. Die verdagte het ‘n skoot teruggeskiet waarna hy en (volgens die sekuriteitsbeampte) twee ander verdagtes vanaf die toneel weggehardloop het.

Die polisie het nie enige aanduiding gegee vir die moontlike motief vir die moord nie, alhoewel daar spekulasie is dat dit moontlik ‘n mislukte maar noodlottige motorkaping was. Cilliers se bakkie is op die toneel gevind en al wat vermis was, was sy bakkie se sleutels. Een patroondoppie is op die toneel gevind. Mojapelo het gesê dat hulle polisie-ondersoek voortduur.

Intussen het inwoners en vriende met skok gereageer op Cilliers se dood. Baie het ook hulle medelye met sy familie op Cilliers se Facebook-bladsy uitgespreek. Ure na sy dood skryf Carita Nel: “Ons is stil en hartseer vanaand. Ons kan nie dink dat ons hom nooit weer gaan sien nie. Ons liewe vriend, Sakkie. Ons gaan jou vriendelike gesig en liefdevolle hart vreeslik mis.”

Mario Gerner skryf: “… Kan dit nie glo nie. Gentle Giant. Wie sal ooit DJ Bruwer and Sax kan replace in ons ERA. Die man met geen kwaad in sy hart. Jy sal gemis word Saka. Till we Meet again.”

 
 
 

Viewed: 13017

 

 
 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT