ADVERTISEMENT:

 

 
 

Die kantoor van die Nasionale Vervolgingsgesag in Polokwane het Dinsdag die arrestasie van ‘n 35-jarige Zimbabwiese man, Fortune Moyo, in verband met die inbrake bevestig. Generiese foto.

Man vas ná string wrede rooftogte by wonings

Date: 20 May 2022 By: Andries van Zyl

Inwoners van Louis Trichardt kan ‘n sug van verligting slaak met die nuus dat een van die twee mans wat vir weke ‘n skrikbewind in die “onderdorp” gevoer het, vasgestrek is.

Die man se arrestasie op Vrydag, 13 Mei, hou verband met ‘n reeks gewelddadige huisrooftogte waarby twee mans betrokke was sedert die begin van Maart. Tydens die mees onlangse voorval is ‘n jong ouerpaar van Douthwaitstraat, JP van Niekerk (35) en sy vrou Norlette (33), die oggend van 11 April aangeval en beroof.

Die Van Niekerks se beskrywing van hul twee aanvallers stem ooreen met die beskrywing van die twee verdagtes wat die aand van 23 Maart die 69-jarige Willem van Wyngaardt in sy huis in Reitzstraat oorval, beroof en vir dood agtergelaat het. Verder stem hulle beskrywing ook ooreen met dié van die twee mans wat gedurende die vroeë oggendure van 18 Maart die 70-jarige Elsa Vos van Kokstraat in haar huis oorval en beroof het. Die twee se terreurveldtog het blykbaar op 3 Maart begin toe hulle ‘n familie, skaars drie huise van Vos se woning en ook gedurende die vroeë oggendure, beroof het. Tydens hierdie roof is ‘n klein pistooltjie gesteel. Hierdie wapen stem ooreen met die beskrywing van die wapen wat tydens die aanvalle op Vos en Van Wyngaardt gebruik is, asook die wapen wat tydens die rooftog by die Van Niekerks gebruik is. In al die gevalle, behalwe in Vos se geval, waar die verdagtes besluit het om eerder nie haar voertuig te vat nie, het die aanvallers met hul slagoffers se voertuie gevlug.

Ná die aanval op die Van Niekerks het plaaslike polisiewoordvoerder konstabel Irene Radzilane gesê dat ‘n taakspan aangestel is om die reeks rooftogte te ondersoek. Die polisie was tot in daardie stadium huiwerig om te sê dat die sake met mekaar verband hou, maar het wel genoem dat die modus operandi in al die sake dieselfde was.

Die kantoor van die Nasionale Vervolgingsgesag in Polokwane het Dinsdag die arrestasie van ‘n 35-jarige Zimbabwiese man, Fortune Moyo, in verband met die inbrake bevestig. Hy is positief verbind met die aanval en rooftog by die 70-jarie Elsa Vos, asook die gewelddadige huisroof by die Van Niekerk-egpaar se woning.

Plaaslike polisiewoordvoerder konstabel Irene Radzilane het by navraag bevestig dat Moyo Maandag in die hof op Louis Trichardt verskyn het en Woensdag hierdie week ‘n tweede hofverskyning sou maak. Van die klagte teen Moyo sluit in huisroof en ontvoering.

Intussen duur die soektog na die tweede verdagte in die saak steeds voort.  

 

 
 
 

Viewed: 1256

 

 
 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT