ADVERTISEMENT:

 

 
 

Teen druktyd was daar nog geen amptelik verklaring oor die insident van die polisie nie. Dit was ook onseker of enige arrestasies in verband met die wrede moorde gemaak is.

Bekende egpaar van Levubu wreed vermoor en huis afgebrand

Date: 21 April 2022 By: Andries van Zyl

Inwoners van die Soutpansberg het met skok en afgryse gereageer op die nuus van die moord op twee bekende bejaarde inwoners van Levubu, Louis en Ina Cloete.

Volgens beskikbare inligting is Louis (71) en Ina (65) Woensdagmiddag, 20 April, aangeval in hulle huis, waarna die woning aan die brand gesteek is. ‘n Plaaswaglid het die rook gesien en gaan ondersoek instel. Hy het die huis in vlamme aangetref.

Die eienaar van die plaas se bakkie is opgemerk met twee onbekende mans daarin en hulle is gevra wat by die plaashuis aan die gang is. Hulle het egter uit die bakkie gespring en weggehardloop. By nadere ondersoek is wapens, wat vermoedelik tydens die rooftog gesteel is, in die bakkie gevind. Louis en Ina se lewelose liggame is vasgebind binne die huis gevind nadat die vlamme geblus is. Die hele huis het afgebrand.

Louis en Ina was onder meer lidmate van die Gereformeerde Kerk Louis Trichardt-gemeente. Die gemeente se leraar, ds. Innes Nagel, het Woensdagmiddag die gemeente ingelig oor die moorde. “Broers en susters, dit is met ‘n baie seer en swaar hart wat ek hierdie boodskap aan u deurgee. Ouderling Louis en suster Ina Cloete van Levubu is vanmiddag op die plaas aangeval, vermoor en hul huis aan die brand gesteek. Daar is nie woorde om te beskryf hoe diep die skok ons gemeenskap en gemeente ruk nie. Mag die Alvermoënde God ons genadig wees, Hom oor sy kinders ontferm en luister na ons smeekroepe om uitkoms en bevryding van die genadelose wreedaards wat gewetenloos roof en moor en vernietig. Ons dink in ons gebede aan Andries en Marcelle, die hele familie en al ons boere op plase in hierdie verskriklike uur van beproewing. Mag die Heilige Gees bemoedig en vertroos. En Mag God reg en geregtigheid laat geskied tot die eer van sy naam. Rus sag oom Louis en tannie Ina,” het ds. Nagel in ‘n WhatsApp-boodskap geskryf.

Teen druktyd was daar nog geen amptelik verklaring oor die insident van die polisie nie. Dit was ook onseker of enige arrestasies in verband met die wrede moorde gemaak is.

 
 
 

Viewed: 8763

 

 
 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT