ADVERTISEMENT:

 

 
 

Wyle Hettie van der Westhuizen (72). Foto verskaf.

Hettie se breë glimlag sal beslis gemis word

Date: 28 October 2021 By: 

Vriende en familie het verlede week met hartseer verneem van die skielike dood van die 72-jarige Hettie van der Westhuizen. Sy is Donderdag, 21 Oktober, in die EmoyaMed Privaathospitaal in Bloemfontein oorlede, nadat haar hart ná afloop van ‘n dikdermoperasie gaan staan het.

Hettie en haar man Nic het in 1994 hulle op Louis Trichardt kom vestig, nadat Nic (‘n boorling van die Soutpansberg) besluit het om na die dorp terug te keer. Die egpaar was bekende gesigte in die omgewing, tot en met Nic se afsterwe op 1 Desember 2019. Hettie het daarna na Warrenton in die Noordkaap verhuis, waar sy by haar dogter, Lizette, gaan woon het. “Sy was veral bekend vir haar vrolike geaardheid, en haar breë glimlag sal gemis word,” het haar seun Nico gesê.

‘n Roudiens vir wyle Hettie vind eerskomende Saterdag, 30 Oktober, om 10:00 plaas in die Ou Apostoliese Kerk in Kroghstraat, Louis Trichardt. Die diens kan ook via Zoom-skakel gekyk word. Die Zoom ID is 9028416186 en die wagwoord is: 1234.

Wyle Hettie word oorleef deur dogter Lizette en skoonseun Kalahari Becker, seun Nico en skoondogter Anneke van der Westhuizen, kleinkinders Mari-Lette, Zuanél en Rian de Beer en agterkleinkinders Xianette en Dean. Die familie het hulle dank uitgespreek teenoor die gemeenskap vir hulle woorde van vertroosting en bystand in hulle tyd van hartseer.

 

 
 
 

Viewed: 1216

 

 
 

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT