ADVERTISEMENT:

 

 
 

Generic image

Vier sit nog 'n week langer in selle

Date: 29 April 2021 By: Andries van Zyl

Vier van die ses jongmense wat drie weke gelede gearresteer is op ‘n string klagte, wat insluit inbrake by wonings en besighede, onwettige jag en selfs die besit van ‘n gesteelde vuurwapen, moes nog ‘n week langer in aanhouding bly.

Die polisie het Woensdag, 7 April, klopjagte uitgevoer by twee wonings in die dorp in onderskeidelik Hlanganani- en Burgerstraat. Verskeie vermoedelik gesteelde goedere is tydens die klopjagte deur die polisie gevind, wat gelei het tot die arrestasie van die ses verdagtes. Hulle is die 27-jarige Koos Duvenhage, 25-jarige Neil Duvenhage, 30-jarige Zandroux Hibbert, 29-jarige Christine Labuschagne, 20-jarige Marvelique van der Merwe, asook die 26-jarige Wonder Jere, wie se herkoms onbekend is.

Die ses verdagtes het almal Vrydag, 9 April, in die hof op Louis Trichardt verskyn. Die twee Duvenhages, Hibbert, Labuschagne en Jere het almal verskyn op klagte van inbraak by beide wonings en besighede, een klag van onwettige jag wat verband hou met die skiet van ‘n bees en twee klagte van die besit van vermoedelik gesteelde goedere. Al vyf van hulle is borg geweier weens ander uitstaande klagte teen van hulle. Hul borgaansoek is uitgestel tot Vrydag, 16 April.

Van der Merwe is op haar beurt aangekla van die besit van ‘n onwettige vuurwapen. Sy is die enigste beskuldigde wat op 9 April borg van R1 500 toegestaan is. Haar saak is uitgestel tot 3 Mei.

Die twee Duvenhages, Hibbert, Labuschagne en Jere se borgaansoek is toe op 16 April uitgestel na Maandag, 19 April. Hulle borgaansoek is egter weereens uitgestel na Woensdag, 21 April. Weer kon hulle nie hul borgaansoek bring nie, weens ‘n kragonderbreking wat die landdroskantore in donkerte gehul het. Die vyf se saak is daarna verskuif na Donderdag, 22 April, om te hoor of hulle borg toegestaan gaan word. Alhoewel die dag begin het met die vyf se borgaansoeke, is slegs Jere se aansoek voltooi. Hy is R1 000 borg toegestaan, wat hy betaal het. Die twee Duvenhages, Hibbert en Labuschagne se borgaansoeke is na 29 April [vandag] uitgestel om aangehoor te word.  

 

 
 
 

Viewed: 941

 

 
 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT