ADVERTISEMENT:

 

 
 

 Wyle Marinda van Wyngaardt (65). Foto verskaf.

Marinda het diep spore in baie se harte getrap

Date: 29 January 2021 By: Andries van Zyl

Hierdie week was voorwaar een van hartseer vir inwoners van die Soutpansberg met talle families wat geliefdes aan die dood moes afstaan. Onder hulle was die 65-jarige Marinda (Victor) van Wyngaardt, wat op 24 Januarie vanweë Covid-19 verwante komplikasies aan orgaanversaking oorlede is.

Op Louis Trichardt het Marinda geen bekendstelling nodig gehad nie. Sy was ‘n boorling van die streek wat op 28 September 1955 hier gebore is en ook op Louis Trichardt skoolgegaan het. Sy was die tweede jongste van ses kinders.

Marinda is op 5 Julie 1975 met Willem van Wyngaardt getroud, welbekende mede-eienaar van die eertydse Isofo Handelaars saam met sy broer, Jan van Wyngaardt. Sy het by die familiebesigheid gewerk vandat sy skool voltooi het, tot en met 2013, waarna sy in 2014 afgetree het.

“Sy sal onthou word as iemand wat uit haar pad sou gaan om ander te help. Haar kleinkinders was haar alles, met haar drukke en soene, en selfs in haar siek dae was daar altyd tonne liefde vir hulle,” het haar dogters Loraine en Lizelle gesê.

Die familie is stomgeslaan oor Marinda se skielike dood. “Dit was so vinnig, so onverwags en so seer. Maar tog is daar so baie dinge wat ons in hierdie moeilike tyd laat glimlag, en so baie herinneringe wat tog net partymaal, vir so klein bietjie die seer verlig,” het die familie gesê. “Alles wat sy gedoen het, van kosmaak tot liefde uitdeel, was in oorvloed gewees,” voeg skoonseun Ettienne van Heerden by.

Wyle Marinda word oorleef deur haar man Willem, dogters Loraine van Wyngaardt en Lizelle van Heerden, susters Bettie Haasbroek, Mariaan Prozesky en Sya Riggien, vyf kleinkinders en aangetroude familie.

“Ons dierbare ou ma, ons groet ma en sê dankie vir alles wat ma oor die jare gedoen het vir ons, vir die klomp kleinkinders en ou man. Ma word met groot deernis en baie liefde onthou. As ons moet sê wie en wat ma was kan ons met eerlikheid sê ma was iemand wat ‘n baie groot hoeveelheid mense se lewenspad gekruis het, en kan ons weliswaar getuig dat ma se naam daar bo-aan die lys van spesiale mense is. Ma het baie groot spore gelaat, skooldae, Isofo vriende, hartsvriende,” het die familie gesê. Hulle het ook hul dank uitgespreek teenoor almal vir die woorde van vertroosting en ondersteuning in hierdie moeilike tyd.

Weens die Covid-19 regulasies was daar teen druktyd nog geen finale begrafnisreëlings getref nie.

 

 
 
 

Viewed: 1845

 

 
 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT