ADVERTISEMENT:

 

 
 

Die 15-jarige Jaype Jansen van rensburg wat Maandag sy stryd teen kanker verloor het. Foto: Hoërskool Louis Trichardt.

Jaype se familie sal hulp met begrafnis waardeer

Date: 02 December 2020 By: Andries van Zyl

Inwoners treur sedert Maandag saam met die Jansen van Rensburg-familie van Louis Trichardt met die nuus van die dood van die 15-jarige Jaype Jansen van Rensburg.

Jaype is Maandag net na 01:00 in die Steve Biko Hospitaal in Pretoria oorlede ná ‘n dapper stryd teen Ewing’s Sarcoma, ‘n seldsame, kankervormende gewas wat op die been en die sagte weefsel om bene groei. Hy is op 27 Julie vanjaar daarmee gediagnoseer.

Ná sy diagnose het sy ma, Elize, haar werk gelos om voltyds haar seun by te staan met sy versorging en chemobehandeling. Finansieel het dit egter slegter en slegter met die familie begin gaan, omdat hulle nie ‘n mediese fonds het nie.

Nou meer as ooit het die familie dus die publiek se hulp nodig. Fondse is broodnodig om vir hul seun se begrafnis te help betaal. Vir dié doel het die NG Kerk Soutpansberg-gemeente hul bankrekening beskikbaar gestel.

Donasies kan inbetaal word Absa Bank in die naam van NG Kerk Tvl Soutpansberg, tjekrekeningnommer 1000000201, takkode 334149 met verwysing: Jaype Begrafnis.

Vir meer inligting, skakel Andries by tel. 082 603 2419.

 
 
 

Viewed: 1347

 

 
 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT