Wyle Jaype Jansen van Rensburg (15). Foto verskaf.   

Jaype verloor dapper stryd teen kanker

Date: 30 November 2020 By: Andries van Zyl

Viewed: 1676

Inwoners van die Soutpansberg huil vanoggend saam met die ouers van die 15-jarige Jaype Jansen van Rensburg wat gedurende die aand sy stryd teen kanker verloor het.

Jaype se ma Elize het laat weet dat hy net na 01:15 vanoggend oorlede is in ‘n isolasiesaal in die Steve Biko Hospitaal in Pretoria, waar hy sy volgende sessies chemobehandeling ontvang het.

Jaype is op 27 Julie vanjaar met Ewing’s Sarcoma gediagnoseer. Te midde van sy stryd teen die kanker het hy altyd geglimlag en deurlopend positief gebly. Hy het sterk gestaan in die geloof en vir sy ouers gesê hy weet die Here is saam met hom in sy omstandighede.

 
 

 
 
 
 
 
 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

Email: andries@zoutnet.co.za

 
 

More photos...