ADVERTISEMENT:

 

 
 

Uit die argiewe: ‘n Foto van die bejaarde tannie Joekie in die hospitaal ná die aanval op haar en haar seun in Mei verlede jaar. Foto verskaf.

Brutaliteit van aanval erger as vorige keer

Date: 20 April 2020 By: Andries van Zyl

“Die brutaliteit van vanoggend se aanval was erger as die vorige keer. Hulle is regtig erg verniel…” Dit was die woorde van mnr. Dippie Nortjé, wie se 82-jarige ma en 62-jarige broer vir die tweede keer in minder as ‘n jaar op hul plaas buite Louis Trichardt aangeval is.

Die bejaarde tannie Joekie Nortjé en haar seun Johan (Kiewiet) is net ná 07:00 vanoggend deur vier verdagtes aangeval op die familie se plaas Nooitgedacht langs die ou kommando skietbane, ‘n klipgooi van die Tshikota-woongebied. Die twee is oorrompel nadat tannie Joekie uitgegaan het om die plaasdiere kos te gee.

“My ma en broer het sny- en kopwonde opgedoen. Hulle het die heel tyd gevra vir geld. Elke keer as my ma gesê het sy het nie geld nie, het hulle haar meer oor die hande gesny,” het Dippie gesê.

Roof blyk die motief vir die aanval te wees. ‘n Kluis is vanaf die plaashuis verwyder, asook ‘n onbekende bedrag geld. “Die kluis is uit die muur geruk. My pa het jare gelede die kluis ingesit en ons het nog die kluis ingedra. Mens dra nie sommer daardie kluis nie,” het Dippie gesê.

Tannie Joekie en Johan is per ambulans afgevoer na die Zoutpansberg Privaathospitaal. “Hulle wou my nie ook inlaat nie. Ons wag nou maar almal om te hoor wat aangaan,” het Dippie gesê. Buiten vir sny- en steekwonde het die aanvallers ook tannie Joekie met ‘n stoel geslaan. “Ek dink van haar ribbes is gebreek,” het Dippie gesê.

Die polisie en ander rolspelers was vinnig op die toneel gewees. Die polisieondersoek duur voort.

 

 
 
 

Viewed: 16894

 

 
 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT