ADVERTISEMENT:

 

 
 

Bejaarde ma en seun weer op plaas aangeval

Date: 20 April 2020 By: Andries van Zyl

Die polisie is op die toneel van nog ‘n plaasaanval net buite Louis Trichardt.

Die 82-jarige tannie Joekie Nortjé en haar 62-jarige seun Johan (Kiewiet) is net ná 07:00 vanoggend deur vier verdagtes aangeval op die familie se plaas Nooitgedacht langs die ou kommando skietbane, ‘n klipgooi van die Tshikota-woongebied. Die motief vir die aanval en wat presies tydens die aanval geroof is, is nie seker nie. Na wat verneem word is beide tannie Joekie en Johan sleg aangerand. Alhoewel aanvanklik aangedui is dat hulle nie steek- of skietwonde opgedoen het nie, is hulle wel verskeie steek- en snywonde toegedien. Hulle is per ambulans na die hospitaal afgevoer vir verdere mediese behandeling.

Dit is die tweede keer in bykans ‘n jaar dat tannie Joekie en haar seun op die plaas aangeval is. Hulle is op Maandag, 27 Mei 2019, ook op die plaas oorrompel deur vyf mans wat op die plaas opgedaag het in ‘n bakkie onder die voorwendsel dat hulle varke wou koop.  

Wat vanoggend se aanval betref, duur die polisieondersoek voort. Die koerant sal lesers op hoogte hou van verdere verwikkelinge.

 

 
 
 

Viewed: 5622

 

 
 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT