ADVERTISEMENT:

 

 
 

Wyle Lambert Fick (46). Foto verskaf.

Lambert was ‘n man met die plaaslewe in sy are

Date: 12 January 2020 By: Andries van Zyl

Die Soutpansberg-gemeenskap het oor die Desember vakansie met groot hartseer afskeid geneem van die 46-jarige Lambert Fick van Waterpoort wat op 31 Desember oorlede is.

Lambert was welbekend in die Waterpoort-omgewing waar hy gebore is en grootgeword het. Hy het by Laerskool Mopane skoolgegaan, was vir ‘n tyd ‘n leerling van Hoërskool Louis Trichardt en het gematrikuleer by die Hoër Landbouskool Kuschke buite Polokwane. Op sportgebied was hy ‘n goeie rugbyspeler en was lief vir tafeltennis en veerpyltjies.

Lambert het sy hele lewe lank geboer en het die laaste paar jaar die slaghuis op Waterpoort gehad. Hy was baie lief vir jag en om tyd saam met sy familie en vriende op die plaas te spandeer. “Hy was baie lief vir braai en kuier … Hy was ‘n man van die bos met die plaaslewe in sy are,” het sy vrou, Marelie, gesê.

Wyle Lambert se begrafnisdiens vind eerskomende Vrydag, 10 Januarie, om 11:00 vanuit die Haantjiekerk in Louis Trichardt plaas. Hy word oorleef deur sy ma Neeltjie, vrou Marelie, die egpaar se kinders LJ, Nicól, Gene, Mieke en Monique, broer Francois, susters Doret, Merike en Neeltjie, asook Francois Kotze en Burgert Maré, wat soos sy eie broers was.

Die familie het hul dank uitgespreek teenoor almal wat hulle ondersteun het en steeds bystaan in hulle tyd van hartseer.

 

 
 
 

Viewed: 2496

 

 
 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT