ADVERTISEMENT:

 

 
 

Wyle Schallie Hoogenboezem (18). Foto verskaf.

Matrikulant van Vivo skielik oorlede

Date: 10 January 2020 By: Andries van Zyl

Nuus van die skielik dood van die 18-jarige Schallie Hoogenboezem wat verlede jaar by die CVO Vivo gematrikuleer het, het skokgolwe deur die Soutpansberg gemeenskap gestuur.

“Ons is baie rustig. Ons weet hy is op ‘n beter plek,” het Schallie se pa, Schalla, Dinsdag aan die Zoutpansberger gesê.

Volgens Schalla het sy seun verlede Maandag, 30 Desember, wakker geword met erge pyn op die krop van sy maag. Die pyn het net al erger geword en Schallie is in die intensiewe sorgeenheid van die Medikliniek in Polokwane opgeneem waar hy behandel is vir akute pankreatitis. “Die dokters het ons die heel tyd op hoogte gehou van wat aan die gebeur is,” het Schalla gesê.

Schallie se toestand het egter bly versleg en hy is verlede Vrydag, 3 Januarie, in die hospitaal oorlede. “Sy liggaam en organe kon net nie meer nie,” het Schalla gesê.

Schallie word eerskomende Donderdag, 9 Januarie, om 10:00 vanuit die Afrikaanse Protestante Kerk op Dendron begrawe. Hy word oorleef deur sy pa Schalla en ma Lieschen, broer Lourens en suster Liela.

“Die medelye en woorde van vertroosting wat ons van oral oor, nie net uit die Soutpansberg-gemeenskap nie, ontvang het was oorweldigend. Dankie aan almal wat ook saam gebid het. So ook dankie aan die personeel en dokters van die Medikliniek in Polokwane vir julle hulp en bystand,” het Schalla gesê.

 

 
 
 

Viewed: 4585

 

 
 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT