ADVERTISEMENT:

 

 
 

Wyle oom Nic van der Westhuizen (73). Foto verskaf.

Oom Nic sterf ná kort siekbed

Date: 05 December 2019 By: 

Familie en vriende het met hartseer afskeid geneem van Louis Trichardt se oom Nic van der Westhuizen, wat Sondag in die ouderdom van 73 jaar oorlede is.

Oom Nic was ‘n boorling van die Soutpansberg en het ná ‘n kort periode weg sowat 26 jaar gelede na Louis Trichardt teruggekeer. Hy was vir lank werksaam by Joubert Saagmeule en het meer onlangs vir sy seun Nico (Home Tech) gewerk. “My pa was tot so vier maande voor sy dood nog baie aktief,” het dogter Lizette Becker gesê.

Oom Nic se gesondheid het skielik begin agteruitgaan. Op 20 November is hy opgeneem in die Unicare Hospitaal in Polokwane. Op 28 November is hy opgeneem in die Medikliniek in Polokwane se intensiewesorgeenheid en op 29 November is hy in ‘n kritieke toestand oorgeplaas na die hospitaal se hoësorgeenheid, waar hy omstreek 22:15 Sondag oorlede is. Volgens Lizette is daar bevind dat haar pa dood is vanweë vog op die brein wat deur ‘n kiem veroorsaak is.

‘n Roudiens word eerskomende Saterdag, 7 Desember, om 10:00 vanuit die Ou Apostoliese Kerk Van Afrika in Kroghstraat gehou. Wyle oom Nic word oorleef deur sy vrou Hettie, dogter Lizette en skoonseun Kalahari Becker, seun Nico en skoondogter Anneke en kleinkinders Mari-Lette, Zuanél en Riaan de Beer.

“Ons as familie wil net almal bedank vir hulle ondersteuning, bystand en woorde van vertroosting in hierdie tyd,” het die familie gesê. Hulle het ‘n spesiale woord van dank gerig aan Martin’s Funerals van Polokwane vir al die begrafnisreëlings en hulp.

 

 
 
 

Viewed: 1306

 

 
 

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT