ADVERTISEMENT:

 

 
 

Dr Pieter de Wet groet die Soutpansberg ná sowat vier jaar.

Dokter De Wet groet die Soutpansberg

Date: 26 October 2019 By: Andries van Zyl

Die welbekende Dr Pieter de Wet van Louis Trichardt het ná sowat vier jaar hier besluit om die Soutpansberg te groet.

De Wet het in 2016 na Louis Trichardt verhuis nadat hy die praktyk van wyle dr. André van der Walt oorgeneem het. Die praktyk het sowat twee jaar gelede vanaf die perseel in Presidentstraat na ‘n nuwe, doelmatige perseel in Burgerstraat (oorkant die katolieke kerk) verskuif waar De Wet dit as solo-praktyk behartig het.

Volgens De Wet het ‘n klomp faktore sy besluit beïnvloed om Louis Trichardt te verlaat. “My veld van belangstelling het verander van algemene praktyk na trauma en narkose. Die ander faktor wat ‘n rol gespeel het tot my besluit is die nuwe Nasionale Gesondheidsversekering (NGV). Dit gaan ons praktyke dramaties verander as ons moet aanhou praktiseer. Om jouself nou te posisioneer vir die toekoms gaan baie help. Trauma en narkose is albei in-hospitaal beroepe waarvoor jy nie nodig het om ‘n praktyk te hê nie,” het De Wet gesê. Sy gedagte is om in die velde van trauma en narkose te spesialiseer.

“Louis Trichardt het my goed behandel. Die natuur is baie mooi en ek sal dit beslis mis. Ek is ook baie dankbaar vir die mense wat my ondersteun het. Dit is met ‘n swaar hart dat ek weggaan met die besef dat Louis Trichardt eintlik meer dokters nodig het,” het De Wet gesê.

De Wet se praktyk sal op 14 Desember vanjaar sluit. “Daar was nie veel belangstelling om dit te koop nie, so ek het besluit om dit eerder te sluit. Die eiendom sal ek óf verkoop, óf gebruik vir iets anders,” het De Wet gesê.

Pasiënte word versoek om die nodige reëlings te tref ten opsigte van ‘n alternatiewe dokter, asook die afhaal van hulle mediese lêers voordat die praktyk sluit. Daar moet egter vooraf met die kantoorpersoneel by tel. 015 516 5105 gereël word vir die afhaal van die lêers.

Daar gaan maar min rus wees vir De Wet nadat hy Louis Trichardt op 14 Desember groet. Hy begin reeds op 23 Desember hierdie jaar in die trauma-eenheid by die Bethlehem MediKliniek werk.

Vir meer inligting oor die sluiting van De Wet se praktyk kan hy op afspraak geskakel word by bogenoemde nommer.

 

 
 
 

Viewed: 2168

 

 
 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT