ADVERTISEMENT:

 

 
 

Wyle Vic Jacobs (54). Foto verskaf.

Skielike dood van bekende sakeman kom as skok

Date: 08 August 2019 By: Andries van Zyl

Die skielike dood van die bekende Louis Trichardt sakeman, Vic Jacobs (54), het skokgolwe deur die gemeenskap gestuur.

Na wat vasgestel kon word het Vic net na 09:00 Woensdagoggend sy eie lewe geneem by ‘n gastehuis in Pretoria. Ten tye van die tragiese gebeure was hy op pad terug na Louis Trichardt van ‘n reis in Botswana.

Vic was nie net as sakeman bekend nie. Hy was ook ‘n bekende gesig in sportgeledere as kranige gholfspeler en meer onlangs ook rolbalspeler. Min mense is ook daarvan bewus dat hy ‘n oud-onderwyser was.

Ten tye van hierdie berig was daar nog geen definitiewe begrafnisreëlings nie. Jacobs word oorleef deur sy eggenote Kotie, susters Linda, Matty, Louise en Lisa en skoonfamilie. Medelye word uitgespreek teenoor sy familie en vriende in hierdie moeilike tyd.

 

 
 
 

Viewed: 5766

 

 
 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT