ADVERTISEMENT:

 

 
 

Die wildveiling van Greater Kuduland Safaris en Alldays Safaris, wat onderskeidelik behoort aan die Knott- en Gilfillan-families, het verlede Vrydag weer groot belangstelling ontlok. Afgeneem is ‘n paar generasies van die twee bekende families in die Soutpansberg. Voor, links, sit Morné Gilfillan met Howard Knott langs hom. Agter (van links na regs) is Bernard Gilfillan, Johan Gilfillan, Peter Knott en Gavin Knott. Foto verskaf.

Pryse ietwat laag tydens oudste wildveiling in die land

Date: 06 June 2019 By: Andries van Zyl

Die land se oudste wildveiling, dié van Greater Kuduland Safaris en Alldays Safaris, is Vrydag, 31 Mei, vir die 45ste keer op Alldays aangebied.

Volgens mnr. Johan Gilfillan van Alldays Safaris was die pryse maar ietwat laag gewees. “Ek weet nie regtig waarom nie. Miskien is dit die swak ekonomie of dalk weens die onlangse droogte. Niemand kan ‘n patroon kry nie. So byvoorbeeld het die prys op blouwildebeeste en sebras baie geval, maar die prys van gemsbokke het weer ietwat gestyg,” het Gilfillan gesê. Hy het egter bygevoeg dat hulle, as verkopers, onder omstandighede tevrede is met die pryse wat behaal is. “Dit is in lyn met standaardpryse tans,” het Gilfillan gesê.

Twee bastergemsbokverse het verkoop vir ‘n gemiddeld van R14 500, terwyl blouwildebeesbulle onder die hamer gekom het vir ‘n gemiddelde prys van R5 220 (hoogste R4 500). Blouwildebeeste (familiegroep) se gemiddelde prys was R2 173,39 (hoogste R2 500), met een elandbul wat verkoop is vir R17 000. Elande (familiegroep) het verhandel vir ‘n gemiddelde prys van R6 285,71 (hoogste R6 600) met elandkoeie wat vir ‘n gemiddeld van R6 250 verkoop is.

Gemsbokbulle het ‘n gemiddelde prys van R10 100 behaal, met gemsbokke (familiegroep) wat vir ‘n gemiddeld van R9783,33 (hoogste R10 800) onder die hamer gekom het. Gemsbokkoeie se gemiddelde prys was R10 885,71 (hoogste R11 400).

Wat kameelperde betref, het twee in ‘n familiegroep vir R8 800 elk verkoop, terwyl twee kameelperde elk vir R8 250 onder die hamer gekom het.

Koedoebulle se gemiddelde prys was R16 600 (hoogste R18 000), terwyl koedoes in familiegroepe verkoop het vir ‘n gemiddeld van R3 663,89 (hoogste R4 400). Koedoekoeie op hul eie is verkoop vir ‘n gemiddelde prys van R3 600 (hoogste R3 800).

Livingstone elandbulle het onder die hamer gekom vir ‘n gemiddeld van R21 000 (hoogste R26 000), terwyl ‘n familiegroep njalas vir ‘n gemiddeld van R2 900 van die hand gesit is.

Rooibokke se gemiddelde prys was R773,68 (hoogste R890), terwyl knypkop-rooibokramme vir ‘n gemiddeld van R1 450 verkoop het. Een rooihartbeesbul is verkoop vir R13 500, terwyl rooihartbeeskoeie ‘n gemiddelde prys van R8 080 (hoogste R8 400) behaal het.

Sebras (familiegroepe) was onder die hamer vir ‘n gemiddeld van R3 528,57 (hoogste R4 200), terwyl sebrahingse ‘n gemiddelde prys van R4 500 behaal het.  Swartwitpensverse se gemiddelde prys was R10 000, terwyl waterbokbulle se gemiddelde prys R18 500 (hoogste R20 500) was. Waterbokke (familiegroep) se gemiddelde prys was R4 200, terwyl waterbokkoeie vir ‘n gemiddelde prys van R3 8000 verkoop is.

Een manlike Zimbabwe Blue-volstruis, wat slegs op hierdie veiling te koop was,  is verkoop vir R27 000.

In totaal is 442 stuks wild tydens die veiling verkoop vir ‘n omset van R1 998 079. Die afslaer was mnr. Brandon Leer van African Game Auctioneers.

 
 
 

Viewed: 1089

 

 
 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 
 

More photos... 

Hierdie pragtige waterbokbul het die hoogste prys behaal van R20 500 tydens die veiling. Foto verskaf.

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT